17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Jaco wil Carmen beïndruk met sy bolognese-resep. Marie maak 'n pasta en Frances maak haar gewilde brandewyntertjies.

17:30 Sediment (kykNET): Ons gaan maak weer 'n draai in die Stellenbosch distrik en besoek nog van dié wynkoninkryk se top gehalte plase.

17:30 Hartskos (VIA): As aktrise het Odelle de Wet al saam met menige regisseurs gewerk, maar vir haar is Mari Borstlap nie net 'n kollega nie, maar ook 'n boesemvriendin. Kok en sielkundige Elmarie Claassens help Odelle om 'n visgereg vir Mari voor te sit.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Rhafiek moet aanvaar dat Nicole nie planne het om met Tim op te breek nie. Rita probeer verduidelik dat sy weet wie vir die misdaad in Suidooster verantwoordelik is en Lee-Ann en Ian neem haar ernstig op.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita bevind haarself in 'n kruispad. Hilda is bekommerd Oubaas vind dalk uit van haar geheim.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Jade en Denver het nog steeds nie 'n oplossing vir hulle probleem nie. Schalk vra Iva om vir Fafa 'n kans te gee, maar sy weier. Denver nooi die Styders oor vir videospeletjies, maar dinge raak interessant wanneer Renate opdaag.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annelize word gemanipuleer en Morné kom nie agter wat onder sy neus aan die gebeur is nie. Ivanka besluit om haar drome na te jaag en Herman maak die verkeerde afleiding. Eben het altyd 'n antwoord op alles.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons is in Montagu by die Italiaans-geïnspireerde Erotica-fietsbyeenkoms. Louis Botha praat oor leef met 'n stadiger pas én foto's neem in die Karoo. Gerrie Pretorius gesels oor die nuwe seisoen van Leef Jou Reis.

21:00 Sterlopers (kykNET): Dit is die opening van Kammakuns en die spanning loop hoog. Die vorige aand spook egter nog by Brad en Kim. JayDee het 'n groot vraag om vir Emma te vra en Cheslin kry 'n klein bietjie hoop.

21:30 Verslag In Gesprek (kykNET): Bring die 'Spy Tapes'-uitspraak Zuma nader aan sy einde? Gaan die United Front bepaal wie die kroon in die Nelson Mandelabaai-verkiesing dra? Wat sê die EFF se verkiesingsmanifes?