Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Woef & Kie (kykNET): Ons kyk na die tien gewildste katrasse in ons land, vind uit hoe die baba hondjies en katjies in hulle nuwe huise aanpas en bring vir jou al die lekker van die kykNET Husky hondedag.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Dewald vanaand die regte besluit neem?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Celine voel Eben moet vir almal vertel wat hom pla, terwyl Carina bekommerd is oor haar studies. Liam neem Hanna vir die eerste keer formeel uit, en Saskia probeer peil hoe Stef werklik oor haar voel.

19:30 Clipped (M-Net): In hierdie snaakse komediereeks sien ons die daaglikse doen en late van 'n groep haarkappers en stiliste wat by 'n prettige haarsalon werk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die koeël is deur die kerk, en dit lyk nie asof Zeldine haarself uit die voete gaan maak nie. Pippa is bekommerd oor wat die hele waarheid aan 'n vriendskap kan doen.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. In vanaand se episode daag 'n ryk vleispaleis uit Texas in die dorp op en Tamara raak smoorverlief op die sjarmante besoeker.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus. In vanaand se episode vind Chanel 'n nuwe projek om aan te pak.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode kom Diane onder groot druk te staan as sy uitvind sy het onwetend vals getuienis in 'n saak gebruik.

21:00 Arrow (SABC 3): In vanaand se episode vra Oliver vir Laurel om te help om 'n man se onskuld te bewys.

21:00 Buurtwag (kykNET): Vanaand is die eerste episode van hierdie nuwe komediereeks. Die teespoed ry Die Besters al sedert hulle drie maande gelede Kaap toe getrek het, maar niks kon hulle voorberei vir hulle eerste kennismaking met hulle plaaslike buurtwag nie.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): Vanaand is die slotepisode van die derde seisoen. Ná onverwagse gebeure proe elke inwoner van die tronk vryheid, al is dit net vir 'n oomblik.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode maak Barry reg om op 'n baie belangrike sending te gaan terwyl Jamal buitensporig begin optree.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.