Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Jy Het ‘n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Jacqui wil beïndruk met 'n dis wat haar kinders kierihamses noem. Swartlander Muriel maak haar ouma se groenboontjies en huiskok Alenor Pietersen maak kruiebrood en patee.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Jakkie Louw het geen bekendstelling nodig nie en al sing hy van pikkewyne, maak hy vir ons vlakvark en hoender gaar. Tammy-Anne is maar net te dankbaar vir die melktert en koffie vir nagereg.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van ‘n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Mathilda weet nie wat om te maak van Fasie en Mrs J se vriendskap nie. Nicole kry uiteindelik 'n kans om haarself te bewys, maar moet kies tussen werk en haar afspraak met Tim. Chris kry 'n neuroloog wat Ian kan afpers.

18:30 7de Laan (SABC2): Diederik en Sifiso is nou deel van die groot geheim. Elaine is vasberade terwyl Hilda vir Oubaas die koue skouer gee.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam is woedend vir Saskia wat dit oorweeg om hul planne te laat vaar. Daar is spanning tussen Carina, Wouter en Eben. Celine voel dis haar plig om die vrede te herstel. Liam en Carina is opgewonde oor die toekoms van Bakgat.

19:00 Unforgettable (M-Net Edge): Gewese polisievrou, Carrie Wells, het so te sê 'n perfekte geheue en onthou alles waarmee sy in kontak kom.

19:30 Modern Family (M-Net): Gloria reël dat Joe by 'n maatjie gaan speel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Maggie ondervra David oor die vorige aand se gebeure, en Jana vra At se hulp met Christiaan. Gustav is huiwerig om 'n verklaring af te lê en Mia praat met Herman oor Jana se besluit.

20:00 Kwêla (kykNET): Gemeenskappe span saam by die Shiloh Synergy-skool. Ons kuier by die man wat Suid-Afrikaanse braaie vir ewig verander het, Jimmy Baptista. Minette Ferreira kuier in die ateljee, en ons vier 'n mylpaal met Valiant Swart.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. Vanaand se episode word uitgestel weens die krieket.

21:00 Sterlopers (kykNET): Henk en Morrie wedywer om Dixie se aandag, terwyl Brad hard werk om hul musiekblyspel op vertoningstandaard te bring. Isabel bevind haarself in 'n panarie. JayDee skiet sy heel eerste musiekvideo en leer vir Emma beter ken.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk.

21:30 Arrow (SABC 3): 'n Inwoner wat homself 'die redder' noem, ontvoer en vermoor in vanaand se episode links en regs. Die reeks se tyd is net vir vandag verander.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.