Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons besoek die Elim wynstreek. Behalwe vir al die hoë gehalte wyn beskikbaar, kan besoekers ook van die beste plattelandse disse verwag en uitrus terwyl die land se top sangers hul vermaak.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Wian is in lewensgevaar. Staan Aggie 'n kans om liefde te vind? Is Sonja die skuldige?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Celeste sit vir Cardo op sy plek. Eben maak uiteindelik oop teenoor Vincent. Carina en Vicky staan saam teen Marius se gedrag, terwyl Marius besluit om 'n ooreenkoms met die duiwel te sluit.

19:30 Modern Family (M-Net): Hayley praat Claire om sodat Dylan vir 'n rukkie kan intrek, maar Phil is die pretbederwer wat hom wil uitskop.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jean-Pierre wys sy ware kleure, Pippa deel goeie nuus met Naomi, en Lexi praat met Ivanka oor haar moontlike nuwe liefde. Gustav maak sy eie afleidings, terwyl Okkie homself staal vir die groot vraag.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons ontmoet die wêreldklas-atleet, Wayde van Niekerk. Twee reklame-fundi's kom praat oor die jaarlikse Pendoringtoekennings. En dan kyk ons na nóg Kwêla Funnies en Feite & Geite.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Daar is 'n ramparty vir Leonard in Mexiko, maar alles verloop nie volgens plan nie.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Noah en Alison beleef 'n erge terugslag.

21:00 Arrow (SABC 3): Oliver en Helena is deesdae heelwat nader aan mekaar. Oliver lei haar op om sy handlanger te wees.

21:00 Buurtwag (kykNET): Die buurtwag kruis uiteindelik paaie met die media, maar leer op die harde manier dat enige publisiteit nie noodwendig goeie publisiteit is nie.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSO: Cyber (M-Net): Raven se vriendin word verdink van die moord op 'n man wat sy deur 'n afspraak-app ontmoet het. Hoewel sy glad nie kan onthou wat gebeur het nie, het sy die moordwapen...

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.