Dit is Woensdagaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Chris maak 'n hoender- en groentegereg. Megan maak 'n gesonde koejaweltert en Marietjie beïndruk Carmen met haar ouma se hoender- en botterskorsiepastei

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Die manne van Van Coke Kartel is bekend vir groot klanke op die verhoog, maar min moeite in die kombuis. Al ooit gehoor van 'n bier-float? Tammy-Anne ook nie, maar sy probeer graag iets nuuts.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Rhafiek maak sy stem dik vir sy pa en dit begin beter gaan tussen AB en Mymoena. Michelle maak steeds planne vir haar gewaagde partytjie en Ian konkel met Chris, min wetend dat Lee-Ann warm op sy spoor is.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus hou nie van die nuwe huurder in die Heights nie. Willem maak 'n belangrike besluit oor sy toekoms.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Monique deel haar nuwe insig met Liam en Saskia, en Saskia ontdek iets skokkends. Liam moet vure doodslaan en vind dit moeilik om sy humeur te beteuel met die twee susters.

19:00 Lucifer (M-Net Edge): Lucifer is verveeld, verlaat sy troon in die hel en gaan Los Angeles toe.

19:30 Modern Family (M-Net): Gloria reël 'n wegbreeknaweek vir die hele familie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Maggie en Tertius berei hulle saak voor, terwyl Herman haar waarsku teen At en Daleen. Karli is nie ingenome met Ivanka se idees nie. Steve hoor by Ivanka wat fout is met Lexi, en Mia dink sy weet wat skort met Christiaan.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by die man agter Shoprite Checkers, kyk na oefenklere wat jy heeldag kan dra, beleef Schalk en Willem van der Merwe se oorlewingstories en ons praat oor die sukses van kykNET Internasionaal en Showmax.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

21:00 Arrow (SABC 3): Felicity bereik groot hoogtes en Oliver besluit om haar te benut.

21:00 Sterlopers (kykNET): Swannie en die Agterosse is opsoek na 'n drommer vir hul band. Lorraine nader Alexia en probeer haar op haar boeke te kry. Ingrid kry weer 'n pos by Blink, maar in dieselfde posisie as wat Emma tans beklee.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.