17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Greta wil Carmen beïndruk met haar hoenderrollade. Pieter maak ‘n pekaneutkoek en Hetilda maak ‘n gsjokolademoussekoek.

17:30 Hartskos (VIA): Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone red Hilda. Kim is gereed om die dorp rooi te verf! Daar is 'n nuwe gesig in Hillside.

21:00 Sterlopers (kykNET): Almal maak gereed vir die opening van Kammakuns, en Eierdoos en Lorraine se paadjie is met duwweltjies besaai. Emma se verbeelding gaan op hol terwyl haar JayDee-koors styg. Brad oorskry grense en daar's geen terugdraaikans nie!