Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Lizet Hartley maak haar ouma se mielievetkoekies, Nicole Croome maak haar ouma se paptert en Juanita Loubser bak skons

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons kuier in Rawsonville wat deel vorm van die Vreedekloof wynroete. Dis geleë tussen Worcester en Paarl en bestaan uit 27 wynplase waarvan 'n derde koöperatiewe kellers is.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Jerome gryp in wanneer hy sien hoe ongelukkig die vyandskap tussen sy ma en haar suster vir Mrs J maak. Bianca en Mymoena werk aan 'n sakeplan wanneer AB hulle betrap. Is dit die einde van Mymoena se droom om onafhanklik te wees?

18:30 7de Laan (SABC2): Het Themba hierdie keer te ver gegaan? Almal is in rep en roer oor 'n artikel in Oggendblad.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina en Vicky is nie seker of hulle Marius help, of verder die afgrond afstoot nie. Celine aanvaar nie Alex se aanbod nie. Stef en Vicky maak planne om Saskia te laat boet. Marius draai sy rug op Vicky.

19:30 Modern Family (M-Net): Die familie se belangstelling word geprikkel wanneer Phil hulle van 'n spoggerige huis vertel wat op die mark is.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tim vra Steve 'n guns, terwyl At die troefkaart het in 'n nuwe magstryd. Dennis maak seker die opgewonde Lexi se tasse is gepak. Naomi en Marinda sit beslis nie langs dieselfde vuur nie, en At ontvang 'n onverwagse besoeker.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kyk hoe kinders met leerprobleme 'n tweede kans kry, herbesoek die Boereoorlog op Talana, sny die spoor van Sylvester die leeu. Ons kondig ook die wenners van Kwêla se funnies- en feite-en-geite-video's aan.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Sheldon het 'n onthulling oor hy met Amy uitgemaak het, en Bernadette en Howard stamp koppe.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Noah se nuutgevonde roem lei tot versoeking - iets wat hy nie kan weerstaan nie.

21:00 Arrow (SABC 3): Laurel trek toutjies om Thea se tronkvonnis tot gemeenskapsdiens verander te kry, en Felicity vind uit Oliver se ma het iets met sy verdwyning vyf jaar gelede te doen.

21:00 Buurtwag (kykNET): Don en Gert stamp koppe oor Tobie en Lisa se middernagtelike streke. Yolandie hou 'n tradisionele Sondagmiddagete vir die buurt. Nuwe leidrade lei Kaptein Fredericks na Don se drumpel toe.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSI: Cyber (M-Net): 'n Man wat aan 'n versnelren deelneem, word deur 'n bestuurderlose kar gedood.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.