17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Merylle wil Carmen beïndruk met haar gesondheidskoekies. Hanlie maak 'n Griekse kofta en Ronel maak 'n varkgereg.

17:30 Sediment (kykNET): Ons draai in die Durbanville en Franschhoek wyndistrik. Ons besoek De Grendel, 4 Paws en Zorgvliet.

17:30 Jou storie met Nina (VIA): In dié reeks vra Nina Swart vrae aan bekendes én mense op straat oor hul sienings en hul stories. Jackie Nagtegaal, skrywer en advokaat, gesels met Nina oor anders dink en die dinge wat sy by haar ma geleer het.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette slaan die laaste spyker in Tim en Nicole se doodskis. Fasie en Mathilda maak groot planne terwyl Mrs J alweer vure om haar moet doodslaan.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity word na die kliniek gejaag. Diederik weet dis net 'n kwessie van tyd voordat die waarheid uit gaan kom.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Drama ontstaan by Chrissie se verjaardagpartytjie en die Bekkers is uiters ontsteld. Fafa maak 'n aaklige ontdekking en is woedend, terwyl Koekie 'n lekker meevallertjie kry. Jade stort haar hart uit.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die kat-en-muisspeletjie tussen Eben en Annelize raak al hoe meer ingewikkeld, en dan raak Steve ook nog onwetend betrokke. Dries bevind hom in At se kantoor saam met Frank, en Bronwyn wonder of haar broer weet van hulle pa.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by Izak de Vries wat die Comrades-marathon kaalvoet gaan hardloop. Ons praat forensiese-moord-ondersoeke met Thomas Mollett. En kondig die algehele wenner vir 2016 in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie aan.