16:00 Sjef in Charroux (VIA): In hierdie splinternuwe reeks ontmoet ons die Kaapse sjef en skrywer van kookboeke Marlene van der Westhuizen by haar huis in Kaapstad. Sy is op pad na na haar tweede tuiste in Charroux, Frankryk, waar sy werk aan haar nuwe kookboek Geheime van 'n Franse Kookklas.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Maak my nuut (VIA): Nadat Chrissie haar man verloor het, het sy die lus vir mooimaak ook verloor. Haar vriendin Antionette het haar ingeskryf vir 'n regrukbederf om haarself te vind.

17:30 Roer! (kykNET): Karen Zoid se talent is groot genoeg om 'n hele generasie na haar te vernoem. Boonop is sy net so gemaklik op die verhoog saam met Vusi Mahlasela as saam met Metallica. Vandag rock sy agter die kospotte.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette is agterdogtig oor wat tussen Lee-Ann en Ian in sy kantoor gebeur het en sy konfronteer hulle daaroor. Michelle probeer om dinge tussen Mymoena en AB reg te maak, terwyl Tim wil uitvind wat Bridgette teen hom het.

18:30 7de Laan (SABC2): Iemand hou Bonita dop en Felicity se gewete pla haar. Vanessa kan nie meer die stres hanteer nie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida voel skuldig oor Neels, maar Fritz troos haar. Carina hou steeds vir Liam op 'n afstand en wil in beheer wees van alle reëlings. Vicky en Liam se vriendskap maak Stef agterdogtig. Saskia waarsku Stef teen Liam.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné is gefrustreerd met Okkie en Ilse, terwyl Tertius geforseer word om 'n geheim verder te verdoesel. Annelize werk definitief met 'n plan, en vrede word bewerkstellig by die diensstasie.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons vind uit hoe Irene Fischer se lewe na 'n motorongeluk verander het en praat met Kokkedoor-wenner, Johnny Hamman. Met Woordfees om die draai is Amanda Strydom en Fraser Barry op die bank.

21:00 Sterlopers (kykNET): Jaydee kry 'n geleentheid om saam met 'n bekende Afrikaanse sangeres 'n duet op te neem. Isabel gebruik Kim as trekpleister en verseker 'n belegger vir hul produksie, terwyl 'n donker skaduwee uit Kim se verlede opdaag.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.