Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Woef & Kie (kykNET): Ons kuier by die groot Maine Coon katte, kyk na die gewildste en skaarsste honde in ons land, maak 'n draai by die Vizsla-werpsel, leer meer oor marmotte as troeteldiere en kyk hoe lyk die Skotse takbokhond.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa probeer vrede met Bonita bewerkstellig. Almal in Hillside is opgewonde om Erfenisdag te vier. Diederik het egter net een ding in gedagte.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam loop hom lelik vas met Fritz, maar Hanna ondersteun hom tot hy die skokkende waarheid openbaar. Net as Carina vir Marius begin vertrou, breek hy nuus wat haar lewe in skerwe laat spat.

19:30 Clipped (M-Net): In hierdie snaakse komediereeks sien ons die daaglikse doen en late van 'n groep haarkappers en stiliste wat by 'n prettige haarsalon werk.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Dreigende oproep beïnvloed 'n besluit. Ivanka probeer haar baas moed inpraat, terwyl 'n konfrontasie die geleentheid is om die waarheid te laat seëvier. Bronwyn het haar mes behoorlik in vir haar man.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. In vanaand se episode daag 'n ryk vleispaleis uit Texas in die dorp op en Tamara raak smoorverlief op die sjarmante besoeker.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie splinternuwe komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode debatteer die firma die maatskappy se toekoms na afloop van die verkiesing. Maar skielik tref 'n kuberkraker die rekenaarstelsel.

21:00 Arrow (SABC 3): In vanaand se episode voer die sluipmoordenaar Deadshot 'n skrikbewind in Starling City, en Thea vrtel Oliver dat Laurel en Tommy saam slaap.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Ons is by WRSA se Gala dinee, waartydens die nuwe WRSA Wildboer van die Jaar aangewys was. Ons draai ook in die Oos-Kaap by die Bedford Country School se jaarlikse jag en sluit af by die 2015 Zimbi Mastershot skietdag.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode hou Red 'n lottery om te bepaal wie saam haar aandete kan geniet.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode dink Jamal dat Kahlil die enigste persoon is wie hy kan vertrou.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:40 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.