17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Ilse maak 'n waterblommetjiepastei en biefskenkelsop uit die boonste rak saam met 'n roosmarynbrood en niks troos soos 'n heerlike koppie tuisgemaakte warm sjokolade nie.

17:30 Hartskos (VIA): Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris neem 'n drastiese stap om die mense vir wie hy lief is teen Ian te beskerm. Michelle se haas om Pretoria toe te trek stoot Stefan net nog verder van haar af weg en Rita maak haar hart oop teenoor Nicci.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty en Gita is weer 'n span soos in die ou dae. Diederik vind uit Bernard is besig om met vuur te speel.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam kom af op Saskia se 'moordtoneel' en dink alles is in orde. Wanneer Petrus daarop afkom, trap Liam klei. Cardo is in twee geskeur of hy die regte besluit maak. Eben het nie ooghare vir Marcel nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Esther hou nie van Pippa se nabyheid nie en Ivanka verklap amper 'n geheim. Breggie sien haar eie einde en Adelyn het genoeg gehad van Noami se houding teenoor Annelize. Pippa ontmoet vir Mikey.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by Sandra Lemmer se negosiewinkel, maak 'n draai by Suid-Afrika se eerste Michelen-ster sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen, Anton Swanepoel wys ons hoe hy oefen en Sean Else is op die bank.

21:00 Sterlopers (kykNET): Die groot opening van De Melker - Die Musical het aangebreek. Almal skud hul vere reg vir die geleentheid, maar Isabel se gemoed is swaar. Lorriane verbied vir JayDee om weer met Emma kontak te maak.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.