Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons is by die Kleine Riviers Vallei wat vandag as die dorpie Stanford bekendstaan. Gedurende die afgelope paar jaar het boere in die omgewing die potensiaal in wingerde ontdek.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty is bekommerd oor hoe Gita gaan reageer as sy die nuus hoor. Louis deel goeie nuus met almal in Hillside.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida en Fritz is geskok oor wat hulle in Liam se kantoor kry. Carina sukkel steeds om Marius uit haar gestel te kry, minwetend wat hy en Liam saam aanvang. Monique gaan sien Stef weer op kantoor en Saskia is woedend daaroor.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil en Claire is seergemaak wanneer Alex vir hulle jok.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gustav is bekommerd oor Tertius, en 'n mediese fout laat Herman met geen ander keuse nie. Die Jonkers kry raad uit verskillende oorde, en Steve word gedwing om nog hartverskeurende nuus te deel.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by debuutskrywer en kunstenaar, Debbie Loots, en stap die Hope Hike vir 'n goeie doel. Die vervaardiger en hoofaktrise van die film, 'Dis ek, Anna', kuier op die bank en ons kyk na nóg Kwêla Funnies en Feite & Geite.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Bernadette weerhou 'n geheim van Penny, en Leonard konfronteer sy verlede.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Allison maak 'n skok onthulling. Noah besef sy dade het onvoorsiene gevolge.

21:00 Arrow (SABC 3): Moira word byna doodgemaak, en Oliver en sy aan-af-meisie Helena word ontvoer.

21:00 Buurtwag (kykNET): Net as Johan en Ayanda begin dapper raak ontvang hulle hul eerste amptelike noodkreet. Daar is groot moles in die buurt en byna almal word betrek. Tobie se sessies by Frandi stuur hom op sy eie middernagtelike avontuur.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSO: Cyber (M-Net): Avery het die ekspasiënt gekonfronteer wat met haar lêers op die rekenaar gepeuter het. DB Russel sluit by die span aan.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.