Dit is Woensdagaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer: Hein maak blomkoolslaai, Cheryl dink haar lekkerbek-hoender kan wen en Estelle se tuisdorp Langebaan is die inspirasie vir haar viskoekies.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Riaan Hunter is gewoonlik die ou wat gehore betower met sy diep stem, maar hierdie week beïndruk hy sy aanhangers agter die kospotte.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Ian wil bewys Mrs J is nie meer by haar volle verstand nie. Nicole vertel vir Rhafiek dat sy en Tim saam is. Mymoena soek Bianca oral. Michelle en Stefan neem die eerste stap om uit hulle finansiële verknorsing te kom.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince help vir Oubaas om 'n groot geleentheid te organsiseer.

18:30 Villa Rosa (kykNET): 'n Vleierige Neels verras Lida wanneer hy besluit om langer aan te bly, maar niemand is meer uitgeboul as Fritz wanneer Neels sy ware rede aan hom verklap nie. Liam plant saadjies links en regs en Carina maak 'n aankondiging.

19:30 Modern Family (M-Net): Die gesin woon 'n groepterapiesessie by.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan en Karli is bekommerd oor Jana se prioriteite en Mosambiek is dalk die laaste plek wat twee mense gaan sien, terwyl 'n ander vriendskap ongekompliseerd gehou word. Bronwyn kondig haar goeie nuus aan.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by plaaslike meubelmakers wat internasionaal opgang maak. Ons sien ook die ongelooflike werk wat die 9th Day Rescue doen en gaan kyk of enigiets waar word in die Beloftebos. Tobie Cronjé kuier op die bank.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

21:00 Arrow (SABC 3): 'n Vlaag misdaad laat Oliver en Diggle kragte saamsnoer.

21:00 Sterlopers (kykNET): Brad het 'n uitval met Henk en Morrie en hy moet besluit of hy nog kans sien vir die band. Jan Daniel trek in by Lorraine en word 'n nuwe identiteit toegeken. Na Emma se onderhoud met die nuwe JayDee raak Lesley agterdogtig.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk. Vanaand begin die sesde seisoen.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.