17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Greta wil Carmen beïndruk met haar hoenderrollade. Pieter maak 'n pekaneutkoek en Hetilda maak 'n gsjokolademoussekoek.

17:30 Sediment (kykNET): JP maak 'n draai hoog op in die Franschoekpas. Dit was in hierdie area waar die Franse Hugenote in 1688 gevestig het. Ons proe 'n paar lekker wyne, en vind meer uit oor 'n die wilde katte wat steeds in die area woon.

17:30 Hartskos (VIA): Jaco, 'n TV-regisseur en pa van twee dogtertjies, wil vir sy pa, Heinrich, om dankie te sê vir die wonderlike voorbeeld van pa-wees wat hy vir Jaco stel. Kok en sielkundige Elmarie Claassens help Jaco om 'n dankie-sê ete voor te sit.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann en Bridgette moet die huurders kalm hou wanneer misdaad in die sentrum handuit ruk. AB word paniekerig, want hy kan nie vir Mymoena in die hande kry na 'n groot ongeluk op die snelweg nie. Rita raak al meer paranoïes.

18:30 7de Laan (SABC2): Bernard probeer positief bly. Kim raak betrokke by 'n gevaarlike situasie.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Jade se Lagos-onthulling druk Denver om raad by Simon te soek. Tommie kom tuis met slegte nuus vir sy ouers. Maryke maak 'n voorstel aan Lorette wat haar 'n ander rigting laat inslaan.

19:30 Binnelanders (kykNET): At en Jana sit nie langs dieselfde vuur as dit kom by die hoof van Ongevalle nie en die Ferreiras wonder hoe hulle die nuwe dilemma moet benader. Morné neem 'n besluit oor sy toekoms en spanning bou op tussen Jana en Herman.

20:00 Kwêla (kykNET): Met Wêreld Hemofilie-dag pas verby, vertel Cobus Visser hoe mens met dié bloedsiekte saamleef. Ons sien hoe 'n branderplank 'n bron van inspirasie word vir Reghert van Zyl en sy vrou, en ons gaan maak 'n draai in Heidelberg.

21:00 Sterlopers (kykNET): Swannie is onseker of hy by Lorraine moet teken. Vicky, Nina en Kim begin volstoom met hulle planne om 'n verlate pakhuis in 'n uitvoerende kunste spasie te omskep en dinge raak warm tussen Emma en JayDee.

21:30 Verslag In Gesprek (kykNET): Hoekom lê Zuma die naweek 'n besoek aan Iran af? Was die ANC se manifes-bekendstelling 'n mislukking? Is Hillary Clinton die volgende president van Amerika?