16:00 Sjef in Charroux (VIA): Marlene en haar span is bedrywig met die maak van haar nuutste kookboek: Geheime van 'n Franse Kookklas. Ons leer ken die pragtige Allier-streek op die Franse Platteland van nader en die bure kom spog met hul kosmaaktalente -- in Franse styl.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

17:30 Hartskos (VIA): Danielle en Jacques is al vir tien jaar getroud en sy wil hom verras met sy gunstelinggereg. Kok en sielkundige Elmarie Claassens help haar om 'n heerlike varkliesgereg voor te berei.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J en die hele familie probeer die neuroloog se diagnose verwerk, terwyl Chris sukkel om nie die waarheid daaragter bekend te maak nie. Michelle is die joos in vir Stefan omdat hy die hele wêreld vertel het sy is swanger.

18:30 7de Laan (SABC2): Kan Hilda die geheim van Oubaas wegsteek? Kim sukkel om T & T op haar eie te bestuur. Matrone sit Marko op sy plek.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo is 'n man met 'n plan - hy besluit om Celine se hart terug te wen. Fritz begaan 'n groot flater, maar na 'n gesprek met Carina stel hy sy fout reg. Liam loop sy rieme styf maar teen die aand, is hy weer op sy stukke.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius probeer vrede bewerkstellig en Gustav besin oor sy toekoms. Pippa is nie gereed om haar gevoelens te begrawe nie en At dring daarop aan dat Rossouw teenwoordig is wanneer die afperser weer bel.

20:00 Kwêla (kykNET): Madelein Rust verduidelik hoe om ' n negatiewe in 'n positiewe te verander en ons ontmoet sjef Carmen Muller Ons kuier in Bloemfontein by Yolande Korkie, en Theuns Eloff praat oor sy nuwe boek.

21:00 Sterlopers (kykNET): Die toekoms lyk belowend vir Eierdoos totdat hulle toerusting gesteel word. Joe oortuig vir Lorraine om haar verspreider te wees en Emma kry vir Ingrid terug omdat sy haar bemarkingsidees gesteel het.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.