Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer: Ina met ’n Thaise garnaalkerrie, tandarts Pauline met koffiebeskuitjies en arbeidskonsultant Mariëtte maak haar ouma se Karoo Oesters.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons kuier in die Breedekloof wynvallei. Met sy majestueuse berge wat wingerde en kronkelende riviere byeenbring, kry jonk en oud die geleentheid om die natuurskoon opreg te geniet.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann is terug in haar ma se huis ná jare se afwesigheid. Bianca kry koue voete oor haar voornemens om haar biologiese ma te konfronteer. Tim se nuwe werk is 'n moeiliker uitdaging as wat hy verwag het.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince gaan nie hierdie keer vir Xander vergewe nie. Iemand is besig om vir Ty te saboteer.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius wil sy Villa-aandele aan Liam verkoop. Eben is steeds ongelukkig oor die foto's van hom en die Brou Broers wat op die internet geplaas is, terwyl Lida haar vervies vir Fritz wat so kortaf is.

19:30 Modern Family (M-Net): Mitchell kry 'n nuwe werk by Jay se aartsvyand.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia probeer vure blus, maar Jana en Christiaan is onwrikbaar. Lexi wil weet wat aan die gang is tussen Bronwyn en Tim. Karli hou haar lyf speurder terwyl Jana nog 'n vreemde geskenk ontvang.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons gaan Philippolis toe vir 'n saalperdeskou, en kuier by 'n pa- en seun wat nie sukkel met 'n pyl en boog nie. Nataniël kom gesels oor sy nuwe boek, en ons eindig met die bekende Spier-landgoed se nuwe werfmark.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Penny, Leonard en Bernadette spioeneer op Amy se date, en Sheldon wil hê Raj en Howard moet vir hom 'n nuwe meisie kry.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Noah se dag van afrekening het aangebreek, en Alison word gedwing om alleen voort te gaan.

21:00 Arrow (SABC 3): Diggle besluit om ondersoek in te stel na Moira, Oliver konfronteer sy ma oor haar aandeel in sy verdwyning

21:00 Buurtwag (kykNET): Johan vermy realiteit - en vir Yolandie - deur by Gert en Tobie weg te kruip. Die manne gaan op doellose middagpatrollies terwyl Tobie vir werk soek. Yolandie probeer iets doen oor haar engtevrees.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSI: Cyber (M-Net): Avery se vaardighede word op die proef gestel.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.