Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons kuier in die wynstreek van McGregor wat so 90 minute buite Kaapstad geleë is. Die plase wat ons vandag besoek is Lord's, McGregor Winery en Fraai Uitzicht.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Bianca begin werk as kelnerin by Oos Wes. Kan die mense van Suidooster haar vertrou? Mev Jacobs se sewentigste verjaardagpartytjie is in volle gang, maar 'n gas daag op wat al die pret kan bederf.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria samel geld in vir 'n vriendin in finansiele nood. Anna beplan 'n reis na Mexiko.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius wik en weeg of hy Bakgat wil verkoop en Liam doen sy deel om verdere verwarring en onmin te saai. Saskia se pleidooie om vergifnis blyk op dowe ore te land en Fritz kom te hore van Celine se afspraak met Alex.

19:30 Modern Family (M-Net): Claire en Phil het hul hande vol toe beide Luke en Alex in die moeilikheid beland.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia kan 'n probleem word in die gange van Binneland Kliniek. Steve en Tim het 'n hewige uitval en Adelyn probeer 'n sensitiewe saak met Naomi bespreek. 'n Operasie moet ten alle koste gestop word.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by Helena Gerber, die brein agter Pretti Cool Gifts en by Alexander Taylor, een van ons land se voorste Downsindroom-atlete. Vian Oelofsen praat oor sy nuwe werk en ons loer in by fopdoskunstenaar Brendan van Rhyn.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Wil Wheaton voer 'n onderhoud met Sheldon vir 'n dokumentêre program wat hy oor Star Trek maak.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): In vanaand se episode het Cole 'n uitval met sy familie.

21:00 Arrow (SABC 3): Thea neem die middel Vertigo om haar agterdog oor haar ma te hanteer.

21:00 Buurtwag (kykNET): Don woon die nuwe buurtwagsambreelorganisasie se eerste vergadering by. Johan word per ongeluk die spreekbuis vir korporatiewe ontwikkeling, terwyl Tobie vir Lisa 'n piekniek by die dam hou.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSI: Cyber (M-Net): Kuberkrakers neem die rekenaarstelsels van 'n hospitaal oor.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.