17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Leroux wil Carmen beïndruk met sy Weskus-geïnspireerde-bobotie. Lacea maak 'n hoendergereg en Rosemary maak 'n sjokoladekoek sonder suiwel.

17:30 Sediment (kykNET): Sediment is 'n wyn en leefstyl program wat die verskillende wynstreke in Suid-Afrika ondersoek. Sit terug, ontspan en geniet elke liewe druppel van Suid-Afrika se wynjuwele.

17:30 Hartskos (VIA): Elmari, wat haar eggenoot verloor het toe hul dogter net vier maande oud was, wil vir haar skoonsus, Lindie, 'n ete kook om dankie te sê vir haar ondersteuning. Elmarie Claassens help haar om lamstjops in skilferdeeg-pakkies te maak.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Rhafiek probeer 'n manier kry om sy gevoelens oor Tim en Nicole se verhouding te hanteer. Ian gee vir Bridgette 'n geskenk en maak 'n belofte aan haar, maar kan sy hom vertou? Fasie wil met Mathilda versoen.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita neem drastiese stappe om haar plan te implementeer. Paula sukkel om haar gevoelens onder beheer te kry.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Dit gons na die SportIkon uitsending. Schalk en Fafa moet bontstaan om vure dood te slaan. Iva se troureëlings kry ongevraagde aandag en Koekie maak 'n plan met haar leerdery vir haar leerlinglisensie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annelize wil niks te doen hê met die plan nie en Eben vra Suzaan uit vir 'n drankie. Breggie probeer uithelp met DJ, en At vind uit van Ivanka se situasie. Die afskeid is swaar in die Ferreira-huis.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.