16:00 Jy Het ‘n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Anida wil Carmen beindruk met haar bloukaashoendergereg. Elaine hou dit eenvoudig met fudge en Ilze maak 'n soetpatat-tert.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Soms kan jy vir Tracey Lange hoor lag, lank voor jy haar sien aankom. Haar borrelende stem en persoonlikheid het ons al op radio én televisie vermaak en deesdae is sy te sien as aanbieder van die glansprogram, Bravo!

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Unforgettable (M-Net): Carrie Wells het ‘n rare toestand wat veroorsaak dat sy niks vergeet nie.

18:00 Suidooster (kykNET): Michelle is gereed om die swangerskaptoets te doen, maar het Bianca se ondersteuning nodig. Chris en Lee-Ann kom effens nader aan mekaar en sy vis uit oor sy vrou. Tim sien nie juis uit na vanaand se ete by die Octobers nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoekom kruip Paula weg? Felicity en Willem het die nuus gemaak en gaan Bonita terug na haar vorige lewe?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina weet nie hoe om haar situasie met Marius te hanteer nie en Wouter staan haar by. Fritz wil nie sy eie gevoelens vir Lida erken nie, al dwing Celine en Stef hom om dit ten minste te konfronteer. Stef is in twee geskeur.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve vermoed onraad met Annelize se gedrag en Naomi dwing vir Karli om met Ivanka te praat. Pippa se opgewondenheid ken geen perke nie en laat Daleen stom. Ilse het raad vir Ivanka oor Gustav.

20:00 Kwêla (kykNET): Elsabe du Plessis wys ons hoe sy konfyt met’wyn-druiwe maak, ons vind uit hoe ‘n motorongeluk Irene Fischer se lewe verander het en Danny Fourie kuier op die bank.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

21:00 Sterlopers (kykNET): JayDee se sangloopbaan begin vlam vat en Lorraine ruik groot geld. Na hulle sukses by die Skag kry Swannie en die Agterosse 'n besoek van 'n ou aardsvyand terwyl Alexia vir Ben al hoe stywer om haar pinkie draai.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.