Dit is Woensdagaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Annelien deel haar roti-resep in die Spier-kombuis. Sumara hou dit eenvoudig met 'n sopresep en Daleen bak 'n deurdrenkte suurlemoen sjiffonkoek.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sediment (kykNET): Ons besoek die wynvallei van die Paarl. Hier kry 'n mens 'n lekker plattelandse gevoel. Ryk in geskiedenis, argitektuur, pragtige natuurskoon, en die gasvryheid van die mense van die distrik laat 'n mens onmiddelik welkom voel.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim sit vir Rhafiek op sy plek. Mymoena vra vir Bianca om weg te gaan sodat sy nie haar man en seuns moet verloor nie. Bridgette en Lee-Ann baklei oor die verlede en daar is 'n skokkende onthulling.

18:30 7de Laan (SABC2): Natalie kry gevoelens vir Xander. Errol ontdek Paula se geheim.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die geheimsinnigheid van die testament bring Vicky en Stef nader aan mekaar, terwyl dit Saskia rasend maak. Kotie vang Gerhard onkant met 'n nuwe dieët. Marius worstel sonder dwelms en Liam probeer 'n nuwe slenter met hom.

19:30 The Muppets (M-Net): Die beroemde Muppets is terug in dié donker komedie oor hul persoonlike lewe en filmmateriaal van agter die skerms.

19:30 Binnelanders (kykNET): Egskeiding is die onderwerp van bespreking in die Koster-woning, terwyl 'n onsmaaklike storie oor Bart die rondte doen. Okkie val flou, Steve se planne krap At om, en Mia se geesdrif word deur Rian se besluite gekelder.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by Martie Retief-Meiring en haar dogter, Kabous. Ons praat met skrywer Chanette Paul en ontdek een van die grootste toeriste-aanloklikhede. Plus, Marlice en Rudie van Vuuren is op die bank en ons loer in by Rietbron.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Vanaand is die tweede seisoen se voorlaaste episode.

21:00 Arrow (SABC 3): Moira wil Malcolm dood hê. Thea ontmoet die eksperdief Roy Harper, en Felicity word aangesê om 'n rooftog uit te voer.

21:00 Buurtwag (kykNET): Die buurt is in rou gedompel. Johan se leuens haal hom uiteindelik in. Die gety draai teen Don en hy neem reg in eie hande. Tobie en Lisa se verhouding neem 'n dramatiese wending.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.