Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons besoek die Botrivier-wynstreek. Die rivier is aanvanklik vernoem na die woord 'botter', maar vandag verteenwoordig dit natuurlik die wyn.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Ná sy bruid verdwyn probeer Oubaas haar opspoor. Pulane ontvang slegte nuus.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo se homofobie word by die dag erger. Marius worstel met sy mislukte lewe en soek vertroosting by Vicky. Monique konfronteer Saskia oor haar trustgeld, en Liam se jalousie stuur in 'n gevaarlike rigting.

19:30 Modern Family (M-Net): Vanaand begin die nuwe seisoen. Alex het graad gevang, Mitch is afgedank en Haley het iets vir Andy gevoel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Bronwyn probeer haar situasie aan Lexi verduidelik, en Pippa se opdrag het chaos tot gevolg. Karli is verward oor 'n man, en op At se instruksie moet Rossouw alles in sy vermoë doen om inligting oor Adam te kry.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons besoek die wonderwêreld van gidshonde vir blindes en loop klas by die voormalige reklameman, Klasie Wessels. Amore Bekker gesels oor die boek 'Hartstories'. Plus, doktor Willem Botha en Deon Meyer kuier in die ateljee.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. In vanaand se episode daag 'n ryk vleispaleis uit Texas in die dorp op en Tamara raak smoorverlief op die sjarmante besoeker.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Penny en Leonard het uit die bloute besluit om te trou en Amy en Sheldon verbreek hul verhouding. Vanaand skop die negende seisoen af.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Vanaand begin Allison wonder oor Cole se welstand en Noah is ongewoon aggresief.

21:00 Arrow (SABC 3): Oliver Wood trek 'n masker oor sy gesig en beveg misdaad in hierdie aksiebelaaide reeks.

21:00 Buurtwag (kykNET): Die manne stamp koppe as Johan 'n nuwe lid nooi om by die buurtwag aan te sluit. Gert moet sy eie persoonlike Rubicon oorkruis, terwyl Tobie die geselskap van 'n getroude vrou geniet.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode is Barry steeds 'n doring in Jamal se vlees.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.