Dit is Woensdagaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Melanie deel haar lam-resep in die Spier-kombuis. Anita maak appeltertjies en Cindy probeer beïndruk met 'n vinnige eetstafie.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Hykie Berg is voorwaar iemand wat sal kan oorleef onder enige omstandighede en dit geld ook vir die kombuis. Kom kyk hoe hierdie geliefde ster smaakvolle disse in 'n japtrap voorberei.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette besluit teen Ian se wense om vir Jerome te help met sy werk by Suidooster Eiendomme. AB kan nie vir Mymoena vergewe nie en dring aan dat Rhafiek sy broer in Londen bel en vertel van die verwikkelinge by die huis.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa kry die skok van haar lewe. Willem red vir die tweede keer Ty se lewe. Gaan Oubaas sy fout regstel?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam wil sy plan teen Stef in aksie stel, maar Saskia is onseker of sy daarvoor kans sien. Wouter probeer 'n ander aanslag met Carina. Liam plaas al meer druk op Vicky om Bakgat te verkoop.

19:30 The Muppets (M-Net): Die beroemde Muppets is terug in dié donker komedie oor hul persoonlike lewe en filmmateriaal van agter die skerms.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné kry 'n verrassing, terwyl Tertius genoeg gehad het van die man wat hom agtervolg. Christiaan het raad vir Bart oor Herman. Daleen probeer Rian oortuig van haar idee en 'n Trauma-geval help 'n dokter om te konsentreer.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons ontmoet die voorstedelike uile van Radiokop in Johannesburg, praat met kenners oor die effektiwiteit van kinderkinetika, en Dr. Arien van der Merwe gee raad oor hoe om werk-stres koud te sit.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

21:00 Arrow (SABC 3): 'n Vlaag misdaad laat Oliver en Diggle kragte saamsnoer.

21:00 Sterlopers (kykNET): Lorraine ontdek 'n nuwe sterretjie om te bestuur. Brad, Henk en Morrie het hul eerste gig. Isabel en Jacques probeer hul produskiehuis van stapel stuur, met Vicky en haar vriendin uit die Kaap, Kim. Alexia het haar oog op Ben.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.