17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Maak my nuut (VIA): Na 'n moeilike swangerskap het Sariena Grobler haar lewenslus verloor. Haar vriendin, Vanessa Roesch, glo dat 'n regruk-sessie Sariena weer fantasties gaan laat lyk en voel.

17:30 Sediment (kykNET): Ons besoek beide die Stellenbosch en Francshoek wynstreke wat wynliefhebbers van reg oor die wêreld lok. Ons maak 'n draai by van die land se bekendste wynplase en leer bietjie meer wat dit vat om suksesvol met wyn te boer.

17:30 Hartskos (VIA): Alise is 'n plaasmeisie wie op Stellenbosch gaan studeer het. Kok en sielkundige Elmarie Claassens help haar om 'n eiervrug-tert en hoender-roulade voor te berei vir haar kêrel en vriende wie haar dadelik op Stellenbosch tuis laat voel het.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris vind uit Rita het haar doktersafspraak gemis en blameer Tim daarvoor. Michelle kry weer krampe, terwyl Bianca uitvind dat Jerome en Carmen getroud is. Die sjarmante Harry Galant ontmoet vir Lee-Ann en Bridgette.

18:30 7de Laan (SABC2): Xander gee Gita advies. Sal Bernard die regte keuse maak? Matrone verkies haar ou tradisies.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Iva word wakker met erge pyn. Lorette pak die groot trek aan. Kapteinskap is op die horison en Renate infiltreer die Stryder-vroue. Koekie en Festus is steeds gekant teen Fafa se nuwe planne. Spanning broei tussen Blitz en Reitz.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka inspireer Morné, en Pippa probeer haar stem regverdig. Naomi probeer Ilse gemoedsrus gee en Conrad wil vir Jana onder vier oë spreek. Herman kom tot 'n vrou se redding en Tertius se gedrag vererger.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons sien hoe moderne tegnologie 'n verskil aan kinderlewens maak en gesels jagstories met Pienkies du Plessis. Errieda du Toit gesels bank oor Koekedoor se tweede seisoen.

21:00 Sterlopers (kykNET): Daar is onmin tussen die band wanneer daar gestem word of Lorraine hulle nuwe bestuurder moet wees. JayDee is in die moeilikheid as hy slinks sy kontrak in die hande probeer kry.

21:30 Verslag In Gesprek (kykNET): Dra ons kiesstelsel by tot die NV se beskerming van Zuma? Kan Boko Haram gestuit word? Gaan ons 'n vry en regverdige munisipale verkiesing hê?