Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sendiment (kykNET): Ons besoek Bonnievale, oftewel die Aspoestertjie van die Breedekloof, wat geleë is in die skadu van die Langeberg en Riviersonderend. Hierdie gebied staan ook bekend as die kaas- en wynvallei.

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane se loopbaan is op die spel. Gaan Willem homself uit sy diep, donker gat kan kry? Hilda verras Matrone met 'n spesiale gas.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius besef Liam het hom die afgrond in gelei en dis onmoontlik om homself te red. Monique kry onverwagte nuus en Beulah besluit dis tyd om die Villa weer te groet.

19:30 Modern Family (M-Net): Claire probeer haar dogters beindruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): At wil hê Gustav moet 'n nuwe Ongevalle-dokter aanstel, en 'n groot besluit gaan in die Abrahams-huishouding geneem moet word. Mia is opgewonde oor die toekoms en At maak Ivanka deurmekaar met sy goedhartige gebare.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by argitek Gawie Fagan, wat vanjaar 90 jaar oud word. Carina Franck wys die Kalahari se sagter, skoner kant. Ons gesels met almal agter die skerms van Suidooster en vind ook uit wie ons kompetisie wenners is.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Die meisies help Stuart om meer mense na die boekwinkel te lok.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Alison wil eerder by haar ma bly as om meer by Noah te wees.

21:00 Arrow (SABC 3): Oliver kom te staan teen 'n vreesaanjaende brandweerman.

21:00 Buurtwag (kykNET): Ná die manne se onlangse oortredings draai Don die soustrein se brieke aan. Gert het 'n splinternuwe plan om sy finansiële probleme te oorkom, terwyl Tobie in 'n kop aan kop botsing met sy toekoms beland.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 CSI: Cyber (M-Net): Die span ondersoek 'n saak van kinderroof.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.

23:00 The Secret Circle (SABC2): Ná sy na 'n klein dorpie trek ontdek Cassie Black sy is eintlik 'n heks.