17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

16:00 Jy het ’n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Melanie wil Carmen beïndruk met haar volstruisgereg. Danette maak 'n hamburger en Johann maak 'n kaaskoek.

17:30 Sediment (kykNET): Ons kuier in die Durbanville wyndistrik. Die is een van die Kaap se oudste wyndistrikte met 'n geskiedenis wat terug dateer tot 1689. Die omliggende boere weet al hoe om hoe gehalte wyn te maak.

17:30 Hartskos (VIA): Petro, 'n drama-onderwyser van Durbanville, wil 'n dankie-sê ete vir haar hartsvriendin, Ilse. Kok en sielkundige Elmarie Claassens help haar om 'n Meksikaanse feesmaal, gepas vir 10 jaar se vriendskap, voor te berei.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Suidooster (kykNET): Die gyselaarsdrama by die Octobers duur voort. Stefan is opgewonde oor sy eerste klas in gevegskuns en Tim is verslae oor wat Nicci vir hom oor die foon gesê het. Chris vrees vir die Octobers se lewens en vra Lee-Ann se hulp.

18:30 7de Laan (SABC2): Die waarheid staar Xander in die gesig. Errol is geskok oor sy gevoelens teenoor 'n sekere dame.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Koekie is benoud oor die leerlinglisensietoets. Maryke klop by Iva aan vir hulp. Tommie veroorsaak moeilikheid by die werk en Renate vind ammunisie vir 'n komplot.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné se uitbarstings raak een te veel vir Ilse. Eben dreig Annelize met die waarheid. Naomi laat Ivanka wonder oor At se motiewe, terwyl die spanning hoog loop tussen 'n dokter en 'n portier. Okkie speel oop kaarte met Morné.

20:00 Kwêla (kykNET): Wilna Rabe gesels oor haar Vintage Idees-fees. Pieter gaan kyk hoe dit met sesjarige Megan Prinsloo gaan nadat dokters gesê het haar liggaam kan nie aan sonlig blootgestel word nie. Regaardt van den Berg kuier op die bank.

21:00 Sterlopers (kykNET): Vicky is woedend vir Brad en Kim, en Cheslin se hart is aan skerwe. JayDee raak effe rebels, tot Lorriane se ontsteltenis, en iewers trek daar 'n rokie tussen Emma en Jaco.

21:30 Verslag In Gesprek (kykNET): Gaan die munisipale verkiesing vry en regverdig wees? Hoekom stem jongmense nie? Is Chachalia die volgende burgemeester van Ekurhuleni?