16:00 Jy Het ‘n Wenresep! (VIA): Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer. Jacqui wil beïndruk met 'n dis wat haar kinders kierihamses noem. Swartlander Muriel maak haar ouma se groenboontjies en huiskok Alenor Pietersen maak kruiebrood en patee.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Bekroonde groep Adam is vandag in 'n kombuis, al drie met voorskote aan.

18:00 Die Kliek (VIA): Die perfekte pasmaat is dalk net ’n paar klieke weg! Die groep vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak, beide aanlyn en in die ateljee. Komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

18:00 Unforgettable (M-Net): Carrie Wells het 'n rare toestand wat veroorsaak dat sy niks vergeet nie.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette is ongelukkig oor Nicole en Tim se verhouding, maar Nicole voel 'n veer en die twee se liefde blom. Ian se streke om Mrs J aan haarself laat twyfel kry momentum.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty is bekommerd oor Willem. Is Felicity besig om te droom?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is baie opgewonde oor sy ongebore kind. Marius maak kontak met Vicky en haar gesprek met Carina laat haar 'n baie groot besluit maak. Fritz kry goeie nuus en wend 'n poging aan om Lida met handewerk te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Bronwyn is geskok wanneer sy uitvind wie haar nuwe baas is, terwyl Naomi vir Gustav nuwe insigte gee tot sy dilemma. At kry meer as een stukkie slegte nuus.

20:00 Kwêla (kykNET): Elsabe du Plessis wys ons hoe sy konfyt met'wyn-druiwe maak, ons vind uit hoe 'n motorongeluk Irene Fischer se lewe verander het en Danny Fourie kuier op die bank.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. Vanaand se episode word uitgestel weens die krieket.

21:00 Sterlopers (kykNET): Swannie oorreed Anton om die Agterosse nog 'n kans te gee om in die Skag op te tree. Isabel dink aan 'n nuwe idee om befondsing vir die musiekblyspel te kry. Emma en JayDee vat dinge verder in hul verhouding.

21:00 Shameless (M-Net Edge): Die mannewales van die Gallagher-gesin van Chicago gaan jou gesin se probleme soos kinderspeletjies laat lyk.

21:30 Arrow (SABC 3): Oliver Queen keer terug nadat hy op 'n eiland gestrand was.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.