17:00 WWE Main Event (e.kasi+): Rofstoei soos net die ouens by WWE dit kan regkry.

18:00 Voetspore (SABC2): Die Voetspore-span reis met amfibiese voertuie van Marromeu in die Zambezi-delta op soek na 20 000 buffels in die moerasse.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria verraai vir Hilda. Kim wurm haarself in Paula se spesiale planne in. Gita is doelgerig om wraak te kry...die Croukamps beter versigtig wees.

18:30 Laataand-Bestes (kykNET): ’n Samevatting van die week se hoogtepunte.

18:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Vanaand pluk Jan pere op ’n plaas langs roete 62 en berei pere met rooiwyn in ’n potjie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan het verdwyn en die jong klomp vertrek uiteindelik na die matriekafskeid. Tertius vind uit Cindy is nog nie ontslaan nie en Roussouw gee vir At terugvoer oor Steve. ’n Verdagte poeier word ontdek.

20:00 Toks en Tjops (kykNET): Ons kenner, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer kyk saam met gaste na die jongste gebeurtenisse in rugbyland – van die duikslae tot die skeidsregter.

20:00 Musiek Roulette (SABC2): Dié gewilde musiek en speletjiesprogram het die immergewilde Nádine aan die stuur van sake.

20:30 The World is Not Enough (e.tv): Die Britse geheieme agent James Bond moet ’n olieryk-erfgenaam beskerm wat deur ’n nuwe aardsvyand wat geen pyn voel nie, bekruip word.

20:30 Proof (M-Net): Dr. Carolyn Tyler stel in na die bonatuurlike in hierdie spokerige reeks.

21:00 SleepTV (kykNET): Die span vat die pad na die Magoebaskloof Getaway, waar betowerende uitsigte hulle begroet. Op ’n staanplek in die woud kook die twee ’n lekker kampete.

21:30 3 Days to Kill (M-Net): Terwyl ’n ongeneeslike siek CIA-agent weer ’n verhouding met sy vervreemde dogter probeer hê, word hy nuwe medisyne aangebied wat sy lewe kan red mits hy vir oulaas ’n opdrag uitvoer. Met Kevin Costner.

23:00 Smallville (SABC2): In vanaand se episode word Oliver betrek by ’n dodelike speletjiesprogram, Victoria trek al die geld uit Oliver se bankrekening, en Clark vind uit daar is ander Kriptoniete op die aarde.