Ons keuse vir die beste kykvermaak op die kassie vanaand.

18:00 Mom (M-Net): ’n Jong enkelma wat pas haar alkoholverslawing oorkom het, besluit om ’n nuwe lewe in Kalifornië te begin. Haar ma help haar om weer op haar voete te kom.

18:30 7de Laan (SABC2):  Paula se plan om Bella Donna te beïndruk loop skeef.

19:00 Parks and Recreation (M-Net Series Showcase): Leslie is letterlik sprakeloos toe haar toespraak by ’n groot mediageleentheid gesteel word.

19:30 Teen Wolf (M-Net Series Showcase): Scott en Derek vra ’n ongewone bondgenoot om hulp.

20:30 Strike Back (M-Net): Stonebridge gaan tronk toe om inligting uit Walter se vermeende sluipmoordenaar te verkry.

20:52 Captain America: The First Avenger (M-Net Movies Showcase): Toe ’n vreesaanjaende mag die wêreld bedreig, voer die wêreld se beste soldate oorlog teen die bose Hydra, wat onder aanvoering van Red Skull staan. Met Chris Evans.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.