Ons beste keuses vir vanaand.

18:00 Bold & Beautiful (SABC3): Taylor wil hê Liam moet haar vertel wat sy ware bedoelings met Steffy is.

18:25 That 70’s Show (Comedy Central):  Kelso besluit dis tyd om sy en Angie se verhouding te verbreek, maar weet nie hoe om dit te doen nie.

19:00 Parks and Recreation (M-Net Series Showcase): Leslie en Ben het twee uur om ’n jare lange projek af te handel. Ron beland in die pekel toe sy humeur ontvlam.

19:30 Ironside (M-Net): Reeks begin. Hierdie hervervaardiging van die klassieke polisiedrama uit die 60’s en 70’s gaan oor die polisiespeurder Robert T. Ironside. Hy is in ’n rolstoel nadat hy in ’n skietery verlam is. Dit kry Robert nie onder nie; hy los steeds sake op en is op soek na die mens wat sy lewe onherroepelik verander het.

20:00 Paulie (Sony): Rolprent. ’n Pratende papegaai vertel ’n opsigter van sy wonderlike lewe. Hy besluit om die papegaai te help om sy regte eienaar te kry.

20:30 Strike Back (M-Net): Matlock en sy span help die politieke gevangene Walter Lutulu om uit die gevangenis te ontsnap.

21:30 Supernatural (M-Net Series Showcase): Kevin ontsyfer die tablet en vind uit hoe om die poorte van die hel toe te maak.

22:00 Without a Trace (SABC2): ’n Jong vrou se ontvoering word per ongeluk opgeneem op ’n roof-DVD wat in Chinatown gekoop is. Die span kom agter dit hou verband met ’n Chinese ritueel, wat die vrou se dood kan veroorsaak.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.