Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en Loukie van der Merwe hengel in 'n publieke dam vir trofee Karpe. Ten spyte van moelike hengel-omstandighede, maak Petri geskiedenis, waneer hy die grootste Karp vang wat al ooit op S.A. televisie gewys is.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Liam se onheilige alliansie duur voort. Vicky verras Eben met haar nuwe toekomsplanne. Cardo ontdek iets skokkends en Monique vermy die waarheid oor Vincent. Saskia stamp kop met Fritz.

18:30 7de Laan (SABC2): Die inwoners van die Heights is op hete kole: is die gebou aan die brand?! Oubaas is vasoortuig Kim is besig met onaardse goed.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is duidelik dat twee dokters nie genoeg van mekaar se geselskap kan kry nie. Steve se skoonpa daag op, Lisa rig nog 'n waarskuwing aan Steve, en 'n groot belegger kyk die kat goed uit die boom.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): Vanaand se episode word 'n pasiënt met 'n vernederende siekte oor geskinder deur die hospitaalpersoneel.

20:00 Fiësta (kykNET): Ons draai in Heidelberg vir hulle gewilde Varkfees. Met heerlike kos, opkomende en groot sterre wat optree, fietsry en selfs toneel, is hierdie 'n ware makietie vir die feesgangers. Cordelia is ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode maak Claire vir Zoe dood, William is terug in Vega, en Michael ontmoet Mallory se profeet.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode begin die onnies staak ná Zeke besluit om hul 13de tjek te ontneem.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Die inwoners van Alexandria is bedroef na 'n rits terugslae.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode sit Elizabeth met 'n diplomatieke gemors wanneer die vorige finansminister op die Griekse skuldkrisis reageer deur kunswerke van dié land te "konfiskeer".

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.