16:00 Padkos (VIA): Jeroen Janeke van die Scandalous-kostrok daag Leroux uit om uit te vind wie maak die lekkerste trokkos. Die publiek stem en die kostrok met die meeste stemme wen. Die verloorder moet die koue branders op Bloubergstrand aandurf!

16:30 Op die Spyskaart (VIA): Die restaurant Les Délices de France se eienaar, sjef Robert Baxa, kuier by Amori in die kombuis waar twee deelnemers hom moet beïndruk om ’n gereg op sy spyskaart te probeer kry.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons verken die Daberas gebied in die Noord-Kaap en het vir oulaas langs die Oranjerivier geslaap. Petri het vroegoggend opgestaan en sy lyne gaan natmaak. André val amper vas met sy sleepwa nadat hy nie mooi gefokus was nie.

18:00 Kortlys (VIA): Lekker informele gespreke met kenners oor die dinge wat ons aandag trek - die keer maak ons 'n spul lysies oor partytjies. Met aanbieder Henriëtta Gryffenberg.

18:00 Suidooster (kykNET): Harry gee vir Ian tot vanaand tyd om vir hom te kry wat hy soek. Rita smeek Chris om haar nie terug sanatorium toe te stuur nie, sy wil eerder op die strate gaan bly. Tim vra Nicci om hom iets te belowe.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Tommie is angstig oor sy eerste dag by die firma. Reitz en Gideon se verhouding bereik kookpunt. Sasha trek inligting uit Blitz en Maryke maak gereed vir 'n groot verandering en Fafa wroeg oor sy rol in Bella se lewe.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko neem 'n groot besluit rondom sy toekoms. Is daar liefde op die horison vir Willem?

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika. Hy besoek die dorp Vryheid en maak 'n draai aan albei kante van Bloedrivier. Hy vat ook die pad na Nkandla waar hy sukkel om iemand te kry wat met ons kan en wil gesels.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Eben en Morné se uitsigte op die toekoms verskil soos dag en nag, en Ivanka konkel agter Steve se rug. Annelize se optrede by Binneland staan iemand glad nie aan nie, terwyl Naomi en Karli heuning om die mond gesmeer word.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): kykNET se nuutste sepie, 'Getroud Met Rugby', het onlangs begin en Rina Nienaber en Louis van Niekerk kuier by Emo en vertel meer oor die sepie. Loki Rothman vermaak die gehoor met sy kitaarvaardighede.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Dis Moedersdag en Cheryl het groot verwagtinge om behoorlik bederf te word deur haar dogter, Alida. Riyaan en Waanie berei 'n spesiale ete voor vir Neesha en Cheryl.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Afrika spog met 'n paar groot en besonderse riviere en ook 'n hele paar varswater Mere. Ons gaan vind uit waar loop die Zambesi en die Chobe en gaan kyk ook hoe die droogte die Mana poele geaffekteer het in Zimbabwe.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Prontuit (kykNET): Huisgenoot is vandeesmaand 100 jaar oud. Ons gesels met joernaliste Yvonne Beyers en Dana Snyman oor dié mylpaal.