Voorskou: Willie Esterhuyzen se Vir Beter of Baie Beter

Hier is waarna jy vanaand kan uitsien:

17:59 Villa Rosa (kykNET): Anthony vind uit wat Diana tot so ’n desperate daad gedryf het. Fritz word steeds die poolkamer verbied, selfs al daag die werkers nie op nie. Vicky besluit sy het genoeg gehad van Astrid se buie. Lerato probeer steeds uitvis wat tussen JP en Sussie aangaan. Anthony sien gevaarligte. Wouter en Nadine se sake vorder, maar nie in die rigting waarin sy hoop nie.

18:29 Binneland (kykNET): ’n Brandgevaar veroorsaak paniek. Delia se opgewondenheid oor die raadsvergadering is van korte duur.

18:30 7de Laan (SABC2): Sifiso kry nuus wat Annelie se modeparade kan kelder. Maria dink sy sien ’n spook toe ’n ou bekende weer sy verskyning in Hillside maak.

19:00 Modern Family (M-Net): Cam en Mitchell kan hul mededingende sy kwalik verbloem toe dit tyd is vir Lily se gimnastiekkompetisie. Phil koop ’n nuwe voertuig en sleep sy gesin saam op ’n reis wat Claire glo net rampspoedig kan eindig.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Die ander dokters probeer Bailey bystaan, maar sy wil niks weet nie. ’n Nuwe kranio-gesigspesialis behandel ’n jong pasiënt by die Grey Sloan-gedenkhospitaal.

20:00 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Moenie die eerste episode van Willie Esterhuizen (die skepper van Vetkoekpaleis en Molly en Wors) se nuwe komediereeks misloop nie. Dit gaan oor Boet (Wynand van Vollenstee van Karate Kallie), wat onlangs sy werk verloor het en nou sukkel om die mas op te kom terwyl hy moet sorg vir sy vrou, Barbara (Belinda Parkin), en twee kinders, die onhebbelike Buks (Luan Jacobs) en Barbie (Michelle du Plessis). Dan bly Boet se suster, die lugwaardin Bokkie (Lelia Etsebeth), ook nog by hulle terwyl sy haar skuld afbetaal op al die skoene wat sy gekoop het. Boet se beste pel, Colin Klaase(Alvin Bruinders van Vetkoekpaleis-faam), val ook gereeld by hulle in.

20:28 Survivor: Redemption Island (SABC3): Die dag ná Ometepe se stamberaad voel Rob Phillip kan die aandag ’n bietjie van hom aflei. Intussen glo Zapatera Krista en Stephanie is nie meer ’n bedreiging nie nadat hul alliansie met Russell verbreek is.

Let asseblief hierop: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke kan hul programrooster volgens hul eie diskresie aanpas.