16:30 Op die Spyskaart (VIA): Twee passievolle kokke spook dit uit om te sien wie se spog-gereg goed genoeg is.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Willem Botha is deesdae net so gemaklik vóór die kameras as agter 'n mikrofoon. Dié plattelandse boerseun spog met plaaslike en internasionale toekennings. Is hy net so tuis in die kombuis as op die verhoog?

17:30 Inspirasiekos met Sarie (VIA): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 Brood en Botter (VIA): ’n Blink besigheid via Bertus se vernuf. Ses spanne wil hul markprodukte beroemd maak. Ná ’n titaniese entrepreneurstryd word die wenspan deel van Spice Route in die Paarl se uitgelese kunskoshandelaars. Met supersjef Bertus Basson.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J vermoed iemand sit agter haar skielike 'vergeetagtigheid'. Michelle wil graag saam met die manne rugby kyk, terwyl Bianca wonder hoe sy en Rhafiek hulle ma en AB kan help.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam en Saskia word amper uitgevang. Celine en Cardo het genoeg gehad van hulle vriende by die Villa se stilstuipe en beraam 'n plan om te help. Fritz is ongemaklik met die feit dat Lida en Neels al nader aan mekaar beweeg.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Paula met Altus se dubbellewe kan saamleef? Natalie praat te veel.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa sukkel om teleurstelling te verwerk. Jana voel skuldig oor die manier waarop sy 'n dokter behandel het, en Karli vra Naomi se hulp met haar aandjie uit. Naomi sit haar voet neer wanneer sy keelvol is vir mense se gedrag.

19:30 My Story (M-net): Hierdie program gee 'n kykie in plaaslike bekendes se persoonlike lewe. Vanaand vertel die musiek-ikoon, Yvonne Chaka Chaka, oor haar hartroerende verhaal.

20:00 Defiance (M-Net Edge): ‘n Loskop groep mense probeer op ‘n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Suid-Afrika se swemsensasie Ryk Neethling het nie net bekendheid verwerf in die swembad nie, maar ook as model en besigheidsman. Hy beskou homself eintlik as 'n eenvoudige boerseun van Bloemfontein.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Jake, Cassie en Faye vra Jake se oupa om sy familie-kristal te vind.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van ‘n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Die munisipaliteit wil plaaslike kuns van vooraf-agtergeblewe kunstenaars vir die raadsaal aankoop en gee opdrag dat die aankope gedoen moet word. Thuli Ntuli bring sy werke, maar dit is naak en lyk soos van die personeel.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:00 Proesstraat (kykNET): Die manne beplan 'n toer na die Serengeti en wil Kilimanjaro uitklim. As Patricia en Nataniel dit kon doen, kan hulle mos ook, of hoe?

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Is die film 'Tainted Heroes' wit propaganda? Hoekom stel die president 'n 'Nkandla-oplossing' voor? Wat verstaan ons onder 'revolusie' en is dit van toepassing op SA se verlede en moontlik, toekoms?

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.