17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

18:00 Suidooster (kykNET): Nicole en Jerome kry nuus oor hulle voorlegging aan meneer Harris. By die Samsodiens is almal haaks met mekaar. Chris neem 'n besluit oor Lee-Ann en Mrs J onthul wie volmag het oor die sentrum.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo kry 'n oproep wat hom voor 'n keuse stel, en sy persoonlike lewe kan beïnvloed. Fritz en Lida is haaks oor die trou-seremonie en Vicky sit per ongeluk haar voet daarin. Stef kry 'n vreemde posstuk voor sy deur.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone word uitgeboul. Charmaine vind eers vandag uit oor Xander se slegte nuus. Diederik deel sy kennis oor verhoudinge met sy vriende.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Frank se nuus maak At onseker oor sy vermoedens, terwyl Annelize dit duidelik maak hoe sy voel oor 'n sekere dokter se werk. Rian besef wat Daleen nodig het en Bronwyn kom agter wat Annelize se plan is.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): 'n Drama wat die ervarings van 'n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Defiance (M-Net Edge): ‘n Loskop groep mense probeer op ‘n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Johan Badenhorst is welbekend onder die publiek as die man wat Afrika al van hoek tot kant platgery het met sy viertrekvoertuig. Ons gaan kyk hoe lyk die grootwordplek van dié berese man.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van ‘n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Joe kom getrek by die kantoor aan. Hy het 'n ete met die Bester broers gehad, wat 'n tender vir 'n Lapa, langs die 'peoples pool' wil hê.

21:00 Proesstraat (kykNET): Na Wikus se afdanking by die DVD winkel gaan dit swaar. Wikus besluit dat hy 'n entrepreneur wil wees en sy eie besigheid wil begin. 'n Hondehotel en Spa vir viervoetiges.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Hoekom is SA se verhouding met Nigerië belangrik? Wat het Mmusi Maimane te sê na 'n rowwe week in die plaaslike politiek? Hoeveel geld jaag Zuma se vleigtuie jou uit die sak? En is Trump wérklik verkiesbaar?

22:00 CSI: Miami (SABC 3): 'n Voormalige speurder lei 'n groep mense wat ondersoek instel op misdade.