Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en sy gas hengelaar soek vir groot Babers met kunsaas. Hulle gebruik lang roepstokkke om die babers nader te lok en vlous n paar grotes in die vlak water, wat maak vir aksie belaaide hengel.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Rhafiek en Bianca raak beter bevriend tot Stefan en Michelle se ontsteltenis. Mrs J wil hê Lee-Anne moet by Suidooster betrokke raak. Bianca probeer onttrek aan die samoesabesigheid, want sy is bang Mymoena ontdek haar geheim.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef deel 'n brokkie met Vicky wat Saskia toevallig hoor en briesend maak. Liam manipuleer Fritz om die aandele te bekom. Celine en Cardo se beker loop oor van liefde, maar Alex Kent se skaduwee hang oor hulle.

18:30 7de Laan (SABC2): Lesego sê vir Sifiso presies wat hy van Pulane dink. Sal Altus Diederik se fout kan regmaak, of is dit die einde van Brynwaves?

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rian het raad vir Mia oor die liefde en die verpleegsters gons oor Daleen en Tertius. Bart wil niks weet van Jana se gedrag nie, Adler kom 'n lekker brokkie inligting te hore en Ivanka red Lexi se aand.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Fiësta (kykNET): Tulbagh is al jare bekend vir die aardbewing wat die dorp in die laat jare sestig getref het. Deesdae is dit ook die tuiste van die gewilde Tulbagh Kunstefees. Ons het kom saam kuier met Albert Frost as ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode baklei Gabriël en Michael tot die dood toe.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Cassie onthul 'n geheim oor haarself aan Adam.

20:30 Parys Parys (KykNET): Jan is verheug. Nie net het hy tyddeel verniet gekry by 'n karavaanpark nie, maar ook 'n ses-ster karavaan geleen gekry. Net een probleem - Elsa weier om te gaan as haar sieklike pa, Grootkoos, nie saamgaan nie.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.