17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons ry 'n moeilike berghindernis en moet soms in trurat die berg uit, want die draaie is te skerp. Na baie sweet kom ons bo uit. Daarna ry ons kortpad met die berg af, viswater toe.

18:00 Kortlys (VIA): Lekker informele gespreke met kenners oor die dinge wat ons aandag trek. Met aanbieder Henriëtta Gryffenberg.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris en Lee-Ann sukkel om hul gevoelens vir mekaar te onderdruk, terwyl die liefde tussen Bianca en Derick blom. Carmen nooi die Octobers vir ete en Bridgette kan nie wag om die kritiek te laat vloei nie.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Gideon wil nie uit Reitz se persoonlike lewe uitbly nie en Laetitia is op 'n onstuitbare missie. Fafa het groot planne vir die Stryders terwyl hy en Anja mekaar beter leer ken. Chrissie kry nuus oor haar skorsing.

18:30 7de Laan (SABC2): Aggie gaan deur 'n moeilike tyd. Matrone gee advies vir Charmaine. Kim is nuuskierig oor die nuwe huurders in die Heights.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:00 Driekuns (VIA): Drie bekendes wat naam gemaak het in dieselfde bedryf, gesels saam oor hul loopbane en lewens in die intieme geselsprogram.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n E-pos veroorsaak nog meer spanning vir Ivanka. Wimpie se gedrag het uiteenlopende reaksies, terwyl Danny nie voorbereid was op Adelyn se eerlikheid nie. Steve moet vir Jana inlig oor die nuutste krisis.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Die week het ons die persoonlikhede agter die nuusleesspan van kykNET se e-Nuus in die ateljee. Gustav Greyling en Janna-Leigh Bilong kuier saam met ons en André Venter kom sing een van sy enkelsnitte.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Cheryl word terug genooi na die realiteitsprogram, 'Kook of loop' en hierdie keer gee Neesha vir haar die geheime familie-resep vir breyani. Chris se pa maak sy opwagting by die Solomons-huis weens 'n noodgeval.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons kuier voort in Indië en besoek een van die wêreld se bekendste geboue die Taj Mahal, gebou uit liefde vir 'n geliefde. Ons beland op 'n trein tussen die plaaslike mense en beleef 'n tradisionele Hindu troue.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Prontuit (kykNET): Het Afrikaans 'n bemarkingsveldtog nodig? Dis vraag wat ons vra na aanleiding van die bekendstelling van Afrikaans.com. Ons gesels met Astrid de Vos van die Dagbreek Trust, Churchil Naudé, en die regisseur Jozua Malherbe.