Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA):Sjef Rayno Adlam van The Sands restaurant in Sandton moet die moeilike besluit maak om te kies wie van die twee deelnemers se gereg op sy spyskaart gaan verskyn. Amori staan reg om te help.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Ons word gasvry onthaal deur die bekende akteurspaar, Zak en Magda. Hierdie twee maak 'n gedugte span op die verhoog en ook in die kombuis.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Michelle se raad aan Tim begin vrugte afwerp, want dit lyk of Nicole hom uiteindelik raaksien. Mymoena se geheim bereik sy vervaldatum en AB dring aan om die waarheid te weet.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Verskeie mense reik uit na Carina, maar sy wil alleen gelaat word. Vicky is oorweldig met Louw terug en Marius weg, maar Stef kom tot haar hulp. Kotie probeer haar tatoe red.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Altus Paula se droom om met 'n familie te begin, bewaarheid? Oubaas beplan 'n groot verrassing vir Hilda.

18:30 I can do that (M-Net): 'n Lekker pret speletjiesprogram met die komediant en akteur Marlon Wayans aan die stuur van sake.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die Jonkers kan beslis nie saam werk nie. At besluit om Adler te konfronteer. Steve maak 'n bekentenis aan Ivanka. Pippa is bekommerd oor Rian se geesdrif en 'n sterk bewoorde waarskuwing word aan At gerig.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Defiance (M-Net Edge): 'n Loskop groep mense probeer op 'n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Annie Malan is nie net 'n bekende op Suid-Afrikaanse televisieskerms nie, maar sy is ook 'n beroepsvrou en sy word gereeld opgemerk by belangrike sosiale geleenthede. Jak besoek haar geboortestad, Pretoria.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Die top-bestuur van die Munisipaliteit gaan na 'n bosberaad. Daar raak burgermeester Mev Feruarie getrek saam met meneer Joe Hall, en die twee maak amok by die imbizo. Hulle word gearresteer vir rusverstoring en dronkenskap.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.