17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4x4-Roetes (kykNET): André de Villiers fokus op uitdagende 4x4 roetes en beoog om die huidige en toekomstige 4x4 entoesias in te lig met nuttige wenke, demonstrasies van korrekte 4x4 bestuurstegnieke en betroubare informasie.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette eis dat Ian die kontrak wat hom volmag oor haar ma se aandele gee opskeur, of sy vertel vir Mrs J die waarheid oor die neuroloog wat haar verkeerd gediagnoseer het. Rita raak al meer agterdogtig oor Chris en Lee-Ann.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Bekkers trek in hul nuwe huis in en sukkel om die skuif na Johannesburg te aanvaar. Schalk kry nuus oor nog 'n borg vir die Stryders terwyl hy en Iva sirkels om hul gevoelens vir mekaar loop.

18:30 7de Laan (SABC2): Xander weet nie wat die toekoms inhou nie. Aggie is nogsteeds opsoek na 'n werk. Vanessa is bekommerd oor haar familie.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Lexi vererger die spanning tussen Danny en haar pa. Ilse probeer Tertius ondersteun en Karli voel Naomi skeep haar en Adelyn af. At en Frank maak 'n ontdekking en Conrad se veggees word belemmer deur sy moegheid.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Die speelfilm 'Modder En Bloed' is op almal se lippe. Ons gesels met die regisseur, Sean Else, en akteur Stian Bam oor hoekom hulle dink die film soveel aanklank by die kykers gevind het. Pietman tree op.

20:30 Bravo! (KykNET): Ons kyk terug na van die snaakste flaters van kykNET se programme in 2015. Nie net Bravo-flaters nie, maar ook van die grootste blapse wat akteurs en aanbieders op kykNET gemaak het. 'n Baie snaakse halfuur.

21:00 Leef Jou Reis - Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons wys jou die juweel van eilande in die Indiese oseaan. Reunion lê naby Mauritius en is seker die mees onderskatte vakansie bestemming, veral as jy bietjie van avontuur hou.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Ons gesels met Marlise Scheepers en Nomzie Ntombela oor protes en verkragting, nadat betogers Marlise se boekbekendstelling tydens die Woordfees ontwrig het. Dit het wel gelei tot samewerking tussen Marlise en Nomzie.

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.