Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en sy gashengelaars is in Angola. Petri vang in reuse Leervis met kunsaas. Hulle hengel ook van die rotse af in die diep water vir Bonito en groot Elwe. Soos altyd deel Petri n hengel geheim of twee.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J wil by Lee-Ann weet hoekom sy gejok het, maar is onseker of sy haar dogter se verduideliking kan glo. Jerome sê vir Tim hy mors sy tyd met Nicole en doen intussen sy bes om Rhafiek se hand in die as te slaan by Bianca.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius wil oor begin en vra almal om verskoning. Die jong manne kry 'n onaangename verrassing. Stef hou aan om Saskia jaloers te maak en Vicky maak 'n groot besluit oor Marius.

18:30 7de Laan (SABC2): Sifiso is keelvol vir Pulane. Het sy hierdie keer te ver gegaan? Xander ontvang 'n oproep wat sy hele lewe kan verander.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana kry 'n romantiese SMS, terwyl dit Bronwyn se beurt is om haar man om die bos te lei. 'n Hegte band word gesmee uit een dokter se onsekerheid, en 'n konfrontasie het nie die gewenste uitwerking nie.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Fiësta (kykNET): Danie Marais is ons gas-aanbieder en Wellington is die gasheer vir feestelikheid van digkuns, skrywers en kuns. Breyten Breytenbach, Antjie, Danie Marais, Toast Coetzer en Loftus Marais kom gesels saam.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode oorweldig die duiwel se donkerte Vega, en laat die burgers met nagmerrieagtige visioene.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Casie roep Jake se hulp in om haar pa se familie te help opspoor.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode benodig Desiree kontant om die skool op te knap.

20:30 Parys Parys (KykNET): Danksy Tjoppie wat hom voordoen as elektrisiën, skok die krane 'n mens nes jy aan een vat. Boonop is daar 'n slang iewers in die huis. JJ moet, ondanks sy fobie vir slange, binnenshuis bly. Buite wag 'n uitsmyter vir hom.

21:20 The Walking Dead (FOX): Ná 'n rustige paar dae oorval 'n horde zombies die inwoners van Alexandria.

21:30 Madam Secretary (M-Net): Vanaand is die slotepisode. Bess woon 'n senaatsverhoor by wanneer sy daarvan beskuldig word dat sy die spioenasiewet oortree het.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.