17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons ry al langs die Lesotho grens tot in die Oos-Kaap. Ons kruis 'n hele klomp riviere en kleiner hindernisse voor ons al ons konsentrasie moet inspan om 'n baie nou bergpaadjie te klim.

18:00 Kortlys (VIA): Lekker informele gespreke met kenners oor die dinge wat ons aandag trek. Met aanbieder Henriëtta Gryffenberg.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim vertel vir sy pa dat Ian hom afgedank het. Die skattejag waarmee Carmen haar winkel open, skop af. Intussen is AB terug by die werk, maar hy ly duidelik aan post-traumatiese stres.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Stryders is terug van hulle wegwedstryd en Blitz moet om verskoning vra vir iets wat hy aangevang het. Die nadraai van Chrissie se verjaardagpartytjie bereik 'n hoogtepunt wanneer Tommie bieg oor wat gebeur het.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula het goeie nuus om te deel. Vanessa maak haar hart oop. Sifiso en Diederik stem nie saam nie.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:00 Driekuns (VIA): Drie bekendes wat naam gemaak het in dieselfde bedryf, gesels saam oor hul loopbane en lewens in die intieme geselsprogram.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie wend hom tot die kuberruim op soek na liefde, en At is desperaat om DJ uit Ivanka se lewe te kry. Danny maak Adelyn deurmekaar en Dries probeer Okkie en Ilse aan sy kant kry. Ivanka gaan haar nie laat voorskryf nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Na die onlangse sukses van die teaterproduksie, 'My Naam Is Ellen Pakkies', kom kuier Vinette Ebrahim, asook Lizz Meiring, wat regisseur was, by Emo in die ateljee. Ben Daye & the Contrete Lions vermaak die gehoor.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Cheryl dring aan dat Alida haar kêrel vir ete nooi sodat die gesin hom uiteindelik kan ontmoet. Neesha en Antie Cathy vergelyk almal om hulle met karakters in hul gunsteling sepie, 'Dae Sonder Nagte'.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons is in Indië en beleef 'n kleurvolle kultuur, antieke forte en kastele, en ervaar hulle manier van dinge doen. Ons besoek 'n groot speserye mark, gaan kyk waar Ghandi gewoon het en ook waar die Bollywood sterre uithang.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Prontuit (kykNET): Ons gesels met die aktivis Gushwell Brooks en sosioloog dr Liela Groenewald oor die gewelddadige gebeure by Hammanskraal en die moontlike sluiting van die Dabaab-vlugtelingkamp in Kenia.