17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die legendariese sjef en koskenner, Topsi Venter, is een van Nataniël se boesemvriendinne en vir 25 jaar sy grootste leermeester. In hierdie program bring hy hulde aan haar ongewone aardse geregte.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris wil uitvind of Ian agter die golf van misdaad in die sentrum sit, terwyl Tim weer probeer uitreik na Nicole. Rhafiek ontmoet 'n beeldskone meisie met wie hy dadelik goed oor die weg kom.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Renate probeer steeds vriendinne maak en Iva maak 'n onthulling teenoor Fafa wat hom ontstel. Tommie kry 'n nuwe werk, maar 'n verrassing wag op hom. Sasha is terug by die pompoms en die Stryders se bliep-toetse het aangebreek.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita is in 'n gevaarlike situasie. Gaan Kim Pulane se voorbeeld volg? Vanessa vind die waarheid uit.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): As jy wil trou moet jy eers ’n paar sakke sout saam opeet, maar wat gemaak as jy jou hoofstrooimeisie moet kies? Ons bruid moet vandag die kaf van die koring skei om haar beste strooimeisie aan te wys.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana is nie gelukkig met Annelize nie, maar is bly oor 'n besluit wat geneem word. Steve is beïndruk met Ivanka en wil vir haar groter verantwoordelikhede gee. Liezl stel vereistes voor sy daaraan sal dink om Morné te sien.

19:30 Erfkos (VIA): Die aanbieder, Philicity Reeken, kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is.

20:00 Fluiters (kykNET): David ontvang inligting vanaf Leonardo wat hy nie kan weerstaan nie. Sandy plaas druk op Rudi en op sy beurt beveel hy vir David om FluiterSA te staak.

21:00 Sterlopers (kykNET): Almal maak gereed vir die opening van Kammakuns. Eierdoos se paadjie met Lorraine blyk nie so rooskleurig nie. Emma se verbeelding loop op hol soos haar JayDee-koors opstoot.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Winslyn (kykNET): Ons kyk na die wetlike implikasies van intelektuele eiendom en gesels met Mia in die VK oor Brexit. Ons loer in by die opening van die Mall of Africa en die stigters van Delvv.io kom gesels oor hul benadering tot marknavorsing.