Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J verdwyn net voor haar afspraak met die neuroloog. Nicole en Jerome moet hulle voorlegging sonder Bridgette doen. Rhafiek is kwaad vir sy ouers en Ian waarsku Lee-Ann teen Chris.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam verneder en ontmasker Saskia slinks voor Fritz, en haar lewe stort in duie. Die deurklokkie lui en Fritz kan sy oë nie glo wanneer hy sien wie by die voordeur instap nie. Celine rebelleer teen haar blindheid.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko het groot planne vir Stasie 6. Hilda en Oubaas is terug na hul wittebrood en is gelukkiger as ooit. 'n Vreemde vrou dwaal in Hillside rond.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika. Hy kuier by interessante karakters wat lojaliteite het aan ander plekke soos by Claude Schreuder wat die voorsitter van die Worcester se All Black ondersteunersklub is. Dan stop hy in Montagu en by die Hexrivierpas.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve kry nie die antwoord wat hy van Ivanka verwag nie. Tertius is geskok oor Daleen se gedrag en Bronwyn bespreek Annelize en ‘n dokter met Steve. Okkie maak sy huisreëls duidelik aan Morné.

19:30 2016-Oscar-toekennings (M-net): Hierdie seremonie eer die beste flieks in 2015.

20:00 Defiance (M-Net Edge): ‘n Loskop groep mense probeer op ‘n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Derick Hougaard is 'n boorling van Citrusdal in die Wes-Kaap. Dié talentvolle losskakel het almal beïndruk met sy skopskoen. Aan die voet van die Cederberge in die Olifantriviervallei, is wat hom mens gemaak het.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): In die heel laaste episode sterf een van die tienerhekse wanneer die groep hul magte probeer terugkry, en Faye word deur die heksejagters ontvoer.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van ‘n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Daar is 'n 'whistle blow' veltog in die munisipaliteit en Vonkiedool verdink sy vrou van bedrog. Hy wil haar nie eintlik aangee nie, maar die kontant beloning vir die aangee van korupsie is baie aantreklik.

20:30 Agent X (M-Net): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die 2016-Oscar-toekennings.

21:00 Proesstraat (kykNET): Wikus het vir die manne 'n sketsklas gereël sodat hulle 'n bietjie kultuur kan ervaar en met hul sagter kante in aanraking kan kom. Natuurlik stel die vriende net in die model belang.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Wat wil die EFF op die UP-kampus hê? Gaan Britanje in die EU bly? Hoeveel hulp kry boere wat sukkel weens droogte? En watter kwessies roer Theuns Eloff in sy nuwe boek aan? Waldimar en sy gaste bespreek hierdie vrae.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.