17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Ilse het in haar modeldae heelwat tyd in Indië deurgebring en lief geraak vir dié land se kos. Sy vul haar kombuis met Indiese geure en maak botterhoender, lam-korma met soetpatats en ‘n knoffel-en-koljander naanbrood.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann probeer Bridgette oortuig om teen Ian te stem oor die verkoop van die sentrum, en Chris en Tim sien tekens dat Rita se siekte haar weer laat struikel.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die spanning loop hoog voor die troue en 'n paar onverwagte besoekers maak hul opwagting.

18:30 7de Laan (SABC2): marko is die eerste persoon wie die nuwe meisie in die Laan ontmoet. Vince soek antwoorde.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): At plaas druk op Pippa en 'n oproep klaar alles op vir Esther.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Vanaand se episode sal hierdie seisoen se laaste episode wees. Die bekende sanger en akteur Steve Hofmeyr wys Jak waar hy grootgeword het.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Vanaand se episode sal hierdie seisoen se laaste episode wees. Almal gaan kyk na die Nkandla Royal Variety Show in die Mandela-teater en Joe word tydens die vertoning gehipnotiseer. Die volgende dag besef Poplap Joe reageer nog op sy hipnotiese take van die vorige aand en die personeel buit dit behoorlik uit.

21:00 Proesstraat (kykNET): Vanaand se episode sal hierdie seisoen se laaste episode wees. In die heel laaste episode praat die vriende oor goeie en slegte tye, die doel van die lewe en innerlike konflik waarmee mense worstel: Gaan hulle antwoorde kry?

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het.

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.