Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en Schalk van Breda maak lyne nat in die Vaalrivier, by 'n area waar hulle 24 uur voor hul hengelsessie voer in die water gelos het om die Karpe nader te lok. Kort voor lank het hulle hul hande behoorlik vol.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die uitbetaling van die hospitaal brand Marius se sak. Eben neem beheer van sy lewe en is reg om enigeen aan te vat, selfs sy ma. Carina vat raak by Bakgat en Vicky bly in die slag.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonia maak 'n moeilike besluit en Oubaas is reg om vir Vince 'n les te leer. Het Gita dit hierdie keer 'n stappie te ver geneem?

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zeldine se woorde, en toestand, maak Steve erg bekommerd, en Bronwyn het haar eie teorie oor wat aan die gang is met Zeldine. Ivanka besluit dit is tyd om aan te beweeg, en Jean-Pierre het sy oog op Karli.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): In vanaand se episode veroorsaak Callie se nuwe meisie onvoorsiene drama.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Darling Voorkamerfest is 'n unieke juweel op die feesfront. Jy koop jou kaartjie en dan wag daar drie verrassings-konserte op jou, met groot kunstenaars, beide plaaslik en internasionaal. Hemelbesem is ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode beplan Michael sy ontsnapping van New Delphi, en Claire word deur rebelle aangeval.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode word Zeke se jaarverslag kil ontvang.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Rick en sy groepie probeer inderhaas terug by Alexandria kom, al probleem is almal gaan dit nie lewendig maak nie.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode probeer Elizabeth 'n ekologiese ramp keer.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.