Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA): James Diack van Coobs-restaurant moet die moeilike besluit maak om te kies wie van die twee deelnemers se gereg op sy spyskaart gaan verskyn. Sjef en aanbieder Amori staan reg om te help.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Krieketheld JP Duminy en sy verloofde, Sue, raak gemaklik agter die kospotte - hope sport en 'sports'.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (VIA): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 Brood en Botter (VIA): Ná 'n les oor produkontwikkeling, kry die spanne koers na 'n plaaslike skool vir 'n kosuitdaging - min wetende dit gaan eintlik hul harte roer.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann aanvaar dat Mrs J se geheue 'n probleem word en Chris se gewete pla hom dat hulle 'n arme ou tannie so laat swaarkry. Jerome maak droog met Bridgette, terwyl Michelle steeds oor haar en Stefan se geldsake stres.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida is onseker oor haar ware gevoelens vir Neels, maar hy weet presies wat hy wil hê. Stef besluit om Saskia met meer deernis te behandel en 'n agterdogtige Vicky probeer by haar uitvis oor die swangerskap.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince praat sin in Xander se kop in. Felicity begin weer met haar ou gewoontes.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit "Down Under".

19:00 Grim (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is Nina se eerste dag by die skool en Steve sê vir At dat hy nie betrokke wil raak in At en Ivanka se sake nie. Jana probeer haar stempel afdruk in haar nuwe pos en Pippa probeer At tot nuwe insigte bring.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Defiance (M-Net Edge): 'n Loskop groep mense probeer op 'n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): André Schwartz is 'n kunstenaar wie se talent veel verder strek as net sing. Hoewel hy die verhoog as een van sy tuistes beskou, het André Jak na Stellenbosch geneem om meer oor sy herkoms uit te vind.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Die munisipaliteit besluit om almal se bonusse te heroorweeg en op meriete bonusse te gee. Almal is ontsteld hieroor en dreig met 'n staking of selfs erger. Poplap is histeries, want sy het klaar haar bonus uitgegee op skoene.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

20:30 The X-Files (FOX): Die FBI-agetnte Mulder en Scully keer in die reeks van ses episodesterug en soek nog paranormale voorvalle. Die aksie skop af 15 jaar na die twee laas saam gewerk het.

21:00 Proesstraat (kykNET): Die vriende beplan 'n kuiertjie langs die forelwaters. Die probleem is: almal praat groot maar niemand, behalwe Pierre, weet iets van kunsvlieghengel nie. Cindy is saamgenooi, maar met verborge motiewe.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.