17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons is op ons laaste gedeelte van die Weskus roete en kamp reg langs die see. Petri maak weer 'n lekker ontbyt wat ons nodig het in die koue Weskus water. Ons gaan dit aandurf want ons moet darem vir Kreef gaan duik.

18:00 Suidooster (kykNET): Rita se verdwyning het die Du Plooy-huishouding op hol en Nicole doen alles wat sy kan om hulle by te staan. Ian en Harry se konkelwerk rakende misdaad en veiligheid by die sentrum kry momentum.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Stryders verwerk die naweek se nederlaag. Iva stoot vir Fafa weg en Lorette sukkel om Blitz uit haar gedagtes te kry. Gideon en Nina vind uit dat Chrissie 'n geheime kêrel het. Renate probeer Simon se posisie te verbeter.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita kan nie onthou wat die vorige aand gebeur het nie. Felicity kom iets agter. Hilda is in 'n moeilike situasie.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné het goeie nuus vir die Ferreiras. Karli hoor vir die eerste keer van die soen en Koos storm op Annelize af. Naomi probeer sake reg stel en Morné verklap sy ware gevoelens. Eben is duidelik op 'n dokter se spoor.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Met Vryheidsdag om die draai, kom kuier Zelda le Grange en Patricia de Lille in die ateljee. Albei vermaak ons met stories vanuit hulle lewe in die publieke oog. Charlize Berg sluit die episode af met een van haar enkelsnitte.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Die Solomons-gesin bevind hulle in die middel van Ramadan en Neesha moet 20 liter boeber maak. Cheryl probeer haar bes om in te skakel by haar man en skoonma se kulturele aktiwiteite - met katastrofiese gevolge.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Baie mense het nostalgie oor treinry. Suid-Afrika bied verskeie treinry opsies aan, van super luuks tot lekker goedkoop en ons wys jou dat treinry nog net so lekker is soos altyd.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Ons gesels oor bome. Mag jy net sommer in Johannesburg 'n boom op 'n sypaadjie uithaal? Is Johannesburg werklik die grootste mensgemaakte woud ter wêreld? Ons gaste is Elize van Staden van Unisa en Philanie Jooste.

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.