Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en sy gashengelaar soek vir n paar Kabeljoue vir die rooster. Die groep moet deur 'n paar gevaarlike areas in die woestyn ry om die Kabeljou te vang. Daar geniet hulle die lekkerste vis en chips in die woestyn.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Mev Jacobs is desperaat om haar verlore dogter se foonnommer in die hande te kry. Tim is teleurgesteld oor die soort werk wat hy vir Ian moet doen en Bianca word gedwing om Michelle in haar vertroue te neem.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is gefrustreerd met Saskia en haar vereistes, maar is huiwerig om met Vicky daaroor te praat. Marius dwing Carina en Vicky om 'n besluit te maak oor die verkoop van Bakgat. Celine besef sy het Alex vals beskuldig.

18:30 7de Laan (SABC2): 'n Gas wat onwelkom is besoek Emma in die tronk. Willem is gereed vir oorlog.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Verliefde paartjie het alweer 'n meningsverskil, daar is groot planne vir Lexi in die pyplyn en Pippa raak bekommerd oor Rian. Daar word weer op Rossouw se knoppie gedruk - maar hierdie keer is dit nie At nie.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): Vanaand se episode word die hospitaal oorval met beseerde brandweermanne.

20:00 Fiësta (kykNET): Bultfontein in die Vrystaat is bekend vir hul Boertjie Kontreifees. Groot name soos Jennifer Zamudio, Bobby van Jaarsveld, Jay, en Karlien van Jaarsveld het feesgangers vermaak. Vandeesweek is Dillon Lerm ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode baklei Gates en Alex oor Claire, en David en William is reg om mekaar dood te maak.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Jane word vermis, en Faye neem die span na haar ouers se afgesonderde huis aan 'n meer.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode kry die skool 'n paar onnies van Amerika af.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Die inwoners van Alexandria begin uiteindelik aan te beweeg na die tragedie.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode is daar 'n aanval op die Iranese president terwyl hy Amerika besoek.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.