17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Vir ons mense is Arno Carstens die ou wat vir Springbok Nude Girls gesing het. Vir die wêreld is hy 'n sanger wat al saam met U2, die Rolling Stones en Meat Loaf opgetree het.

18:00 Suidooster (kykNET): Mymoena mis vir AB, terwyl hy sukkel om aan te pas op sy eie. Mrs J besluit om dit rustig te vat, terwyl Lee-Ann vir Bridgette help om aan haar verhouding met haar kinders te werk. Michelle probeer vir Stefan sê sy is swanger.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz wil graag met Lida praat, maar al waaraan sy kan dink, is Neels. Liam se planne vorder goed, maar Saskia gee hom moeilikheid. Stef en Saskia beweeg al nader aan mekaar. Cardo kry 'n onverwagse besoeker.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity ontmoet 'n nuwe ontwerper. Matrone het baie om met Kim te deel.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve kry nie die antwoord wat hy van Ivanka verwag nie. Tertius is geskok oor Daleen se gedrag en Bronwyn bespreek Annelize en 'n dokter met Steve. Okkie maak sy huisreëls duidelik aan Morné.

19:30 My Story (M-net): Hierdie program gee ‘n kykie in plaaslike bekendes se persoonlike lewe. Vanaand vertel die musiek-ikoon, Yvonne Chaka Chaka, oor haar hartroerende verhaal.

20:00 Defiance (M-Net Edge): ‘n Loskop groep mense probeer op ‘n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Adam Tas, die sanger met die rasperstem, se lirieke handel meestal oor dinge wat hom as mens diep raak. Adam wys die span watter deel van die Afrika grond na aan sy hart lê.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Adam, Diana, Cassie en Melissa gaan na 'n dans toe.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van ‘n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Vonkiedool wil vir sy kinders stinkbomme bou. Hy en luigat kry 'n resep op die internet en begin chemikalieë met mekaar te meng. Dan ontplof dit in die kantoor en alles stink vreeslik. Mevrou Feburarie dreig om hulle af te dank.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:00 Proesstraat (kykNET): Melt besef dat hy nie weet wat sy bloedgroep is nie en besluit om 'n bloedtoets te laat doen. Daarmee saam 'n DNS toets vir vir sy onverdragsaamheid teenoor voedsel. Gaan hy die antwoorde kry waarna hy soek?

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Het die ANC 'n optog teen hulle eie regering gelei? Wat gaan die uitwerking van die onrus op die UK-kampus wees? Is daar nuwe hoop vir Zimbabwe se partypolitiek?

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.