17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Ilse het in haar modeldae heelwat tyd in Indië deurgebring en lief geraak vir dié land se kos. Sy vul haar kombuis met Indiese geure en maak botterhoender, lam-korma met soetpatats en 'n knoffel-en-koljander naanbrood.

18:00 Suidooster (kykNET): AB is terug by die huis, op sekere voorwaardes en Ian oorreed Chris om weer vir hom te werk. Rhafiek vra Nicole om verskoning dat hy so lelik met haar was en Tim vra haar om te verstaan dat sy ma nou eerste kom.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida is terug met 'n verrassing wat Eben vreeslik ontstig. Celine en Cardo maak 'n moeilike besluit wat groot hartseer te weeg bring. Saskia is vreesloos besig om haar plan teen Liam uit te voer, maar benodig nog hulp.

18:30 7de Laan (SABC2): Douglas maak 'n las van homself. Sifiso is nie bereid om sy meisie se tyd te deel nie. Errol is bekommerd oor sy biologiese ma.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Frank vra At om 'n afspraak te maak met Mikey. Die spanning tussen Annelize en Karli begin handuit ruk en Pippa se konfrontasie word onderbreek. Morné se realiteit begin hom druk.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Rocco de Villiers en 'n klavier is amper sinoniem. Daar is min pianiste wat 'n klavier met soveel passie kan speel as hy. Jak gaan saam met hom terug na sy hartsplek, die Vrystaat.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Iemand het 'n spyker agter Joe Hall se kar se wiel gesit en Joe doen alles om uit te vind wie dit was. Hy en Fatima het 'n uitval gehad. Joe laat almal in die kantoor 'polygraph' toetse doen om uit te vind wie skuldig is.

21:00 Proesstraat (kykNET): Dis die tyd van die jaar wat almal jaareindfunksies hou en die vriende besluit dis hoogtyd dat hulle as vriende een vir hulself hou na die lang moeilike jaar. Maar beplanning onder die Proesstraters loop nie altyd vlot nie.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Is die staat gekaap, en hoe lank is Zuma nog president? Wat is die rol en stem van die bruin gemeenskap in die politieke toekoms van Afrikaans? Hoe gaan 'n 'brokered' GOP-beraad lyk?

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.