Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en Schalk van Breda hengel op die Vaalrivier van opblaas bote af. Die manne hengel met ligte gerei vir groot rivierkarp. Petri en Schalk hou ook 'n hengelkompetisie.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vincent gaan sien Saskia weer in die geheim, terwyl Liam vir Marius slinks manipuleer. Eben is verveeld en gefrustreerd, totdat 'n vorige gas in 'n ander gedaante by die Villa opdaag.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko word aan sy verlede saam Emma herinner. Paula speel Cupido tussen Aggie en Themba. Ty is op die oorlogspad.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dennis se verrassing vang Steve onkant, terwyl dit Ivanka baie agterdogtig maak. Breggie vergeet 'n kosbare besitting by die hospitaal, en Bronwyn wonder of Steve alweer besig is om haar 'n rat voor die oë te draai.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): Vanaand se episode is uitgestel omdat dit nie in Amerika gewys het nie.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Kalahari Kuierfees is 'n gesellige fees op die oewers van die Oranjerivier in Upington. Gasvryheid is die wagwoord met kos en wyn uit die streek, sowel as van ons gewildste kunstenaars wat kom optree.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode word Gabriel se verlede ontbloot.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode besluit Victor om tradisies terug te bring.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): 'n Nuwe gesig maak sy opwagting. Maar die vraag is: wie kan vertrou word?

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode ontmoet Henry en Elizabeth per ongeluk hul dogter Stevie se kêrel, wat twee keer so oud soos sy is.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.